Dankie julle, maar ek het vanoggend regte AF krampe gehad, so is nie meer so seker nie. Ek het besluit om nie negatief of positief te wees nie en ook niks in niks in te lees nie, so vat nou maar elke dag soos hy kom tot Maandag.
My hart is baie seer vanoggend, dis 'n baie lang storie, so ek gaan nie al die detail deel nie, maar hier is dit: My broer en vrou het gesukkel om swanger te word, toe neem hulle 2 pleeg kinders (boeties) in, kinders sou nou Nov 3 jr by hulle gewees het. Skoonsus het egter mos nou baba gehad en besluit hulle wil nie meer die pleeg kinders he nie. Die kids is nou te oud om weer by mense ingeneem te word (8 en 10), nou is hulle Maandag kinderhuis toe - dieselfde kinderhuis, maar verskillende "huise". Ek het vanoggend probeer om uit te vind of ons hulle 1 keer 'n maand kan vat, maar die deure slaan om elke hoek en draai toe. Die dame met wie ek nou net gepraat het, se sy sal probeer dat die maatskaplike werker my skakel. Ons hoop en vertrou sy bel wel. My hart is so seer vir hulle, dis nie hulle skuld hulle het sulke slegte ouers nie en dan gee die pleegouers hulle ook nou weg. Ek kan nie dink waardeur hulle moet gaan nie.