Ok, ek is terug.
Dassie, dis 'n lang storie soos ek se, maar my skoonsus het net eendag 3 weke terug besluit sy wil nie meer die kinders he nie en vir my broer gese of die tweetjies gaan terug, of sy vat baba en waai. Daar was niks fout met die kinders nie, as dit is wat jy bedoel het. Nou na die tyd se sy hulle was ongeskik, sonder maniere, en nie normaal nie, maar ons het in die laaste twee en half jaar nog nooit iets slegs by hulle gesien nie. Ek persoonlik dink sy het nie met baba en twee besige seuntjies gecope nie. Kyk, ek kan hulle nie veroordeel oor hulle besluit nie, dis hulle lewe en hulle besluite en hulle moet eendag verantwoording doen daarvoor, maar ek voel jammer vir die kinders en ons het gehoop ons kan hulle so 1 keer 'n maand uitvat en op 'n manier steeds deel wees van hul lewe.
Ok, dis die laaste wat ek hieroor gepraat het, jammer dat ek julle pla met so depressiewe saak.
My ml gaan Saterdag oornag LAN, so ek is homealone. Sien uit na 'n pampering sessie op my eie en dinge doen waarvoor ek gewoonlik nie tyd kry nie.