× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

16 years 4 months ago #72748 by marie r
Hexy agv die laagliggende plasenta. Kan nie mooi al die redes onthou nie, hy't met my 1ste swangerskap vir ons gesê. Het nie gister weer gevra nie. Babatjie is baie klein nog, maar kon darem die hartkloppie sien, en dan goedjies wat soos armpies en beentjies lyk.

Ai Hexy. Het jy iets om te drink vir die naarheid?

Cornel hoop jy voel sommer baie beter vandag. Sterkte dolla.

VB Fx vir jou. En Anje vir jou ook......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72746 by Dassie
Voorspoed VB!!!

Nee dis reg Marie, wou net weet of plasenta opskuif want Dok het iets gepraat van plasenta wat opbeweeg in swangerskap so toe sit en wonder ek nou.

Ek het ook gisteraand naar gevoel Hexy. Sommer so uit die bloute. Kon nie eers my gunsteling toasted broodjie eet, sonder om naar te voel.

Cornel, jy sien seker al vreeslik uit om SA toe te kom? Dis mos nog net so 2 wekies?

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72744 by Lia
Cornel, bly jy voel weer beter vanoggend. Jy moet maar net jou bes probeer om positief te bly, al is dit moeilik. Sterkte jong !!

Hexy, dis darem nie baie seer nie, maar ek sal dit dop hou dankie. Wat 'n slegte droom, jy het seker wakker geskrik van skok vanoggend. Hoop die toasted broodjies help dat jy beter voel !!

Ja Dassie, dit het nogal stil geraak die laaste paar dae hier.

Ek werk darem vandag weer net tot 13h00.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72743 by Cornel

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72736 by Lia
VB, ek hou duim vas dat jy 'n onverwagte positief kry hierdie maand, maar dit kan dalk ook net die skok van die begrafnis ens. wees wat AF dalk weghou. Ek hoop nogsteeds jy bring volgende week vir ons goeie nuus.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72735 by sexy~hexy
More almal

Gister se lunch was baie leka, maar ook net vir 'n rukkie, het gisteraand weer goor gevoel, soveel so dat ek nie kos gemaak het nie, net 'n toasted cheese broodjie vir Jayden en DH het van takeaway vir hom broodjies gemaak (ek het 'n Eisbein bestel). Voel vanoggend weer NAAR, het nou maar toasted broodjies bestel, hoop dit help.

VB...fxfxfx vir jou ook dolla!

Marie, baie bly dit gaan so goed met baba, kon julle hom/haar mooi sien? O ja Marie, hoekom mag julle nie BD tot Dok so se?

Gbaby, jy en Nel klink vir my na SUPER MOMS!

Anje, ek het gewonder, daardie pyn wat jy ervaar, het jy nie erens 'n spier geskeur van die hoes nie? Ek weet ek het in 2005 so begin hoes en toe een dag was dit net ongelooflik seer, soveel so dat ek gesukkel het om asem te haal. Dokter toe, toe se hy ek het 'n tussenrib-spier geskeur, maar dit moet self gesond word.

Darem Vrydag vandag, maar nie veel van 'n naweek vir my nie, want DH werk vanaand en more-aand nagskof :(

O ja, ek het gisteraand gedroom ek begin bloei, en ons is in die middel van nerens en niemand wil my dokter toe vat nie :( What a way to start a morning !

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 4 months ago #72733 by marie r
Dassie met my vorige swangerskap het die plasenta geskuif na 'n paar maande. Die plasenta skuif blykbaar soos die baba groei. Op hierdie stadium is dit niks om oor rerig bekommerd te wees vir my nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account