× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 8 months ago #218459 by zettie
Ruby nee niks spesifiek gaan maar mooi eet en my 3L water drink.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218458 by CheriseF
Zettie - ek is ook nou weer volstoom in die dieet ding in.

Ek het vir my Finesse se Nuwe JY boekie gekoop - sommer die e-boek. Dis nogal 'n vreeslike oulike program!

Watter dieet volg jy?

Sterkte - al is mens net so 3kg's minder dan voel mens al beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218457 by zettie
Ek is nou op `n dieet en gaan kyk of ek miskien bietjie gewig kan verloor voor ek weer swanger raak. :)

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218448 by joo~ste
Hallo almal-
dit is ook net werk werk werk hierdie kant. Sterkte Klippie...weet hoe jy voel-


Hexy: die ongelukke in julle dorp is vreeslik erg! My hart rus sommer in my bors toe ek dit lees. Die hemel is 'n ryker plek agv al daardie mense wat nie meer met ons is nie...maar die hartseer en verlies moet enorm wees vir die familie en julle as gemeenskap. Dit is so bitterlik erg- :cry:
(*bly jy jou't nwk geniet...he he.. :P )

Hi Cisca, Ruby, Zettie...al die ander...!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218441 by klippie
Middag dames :woohoo:

Strikkie :woohoo: :laugh: :cheer: :lol: :silly: :) vir vandag! You rock :rock:

Snoekie & Blommie....dit suck big time. Sterkte! :heart:

Cisca, welkom terug, bly om te hoor dit gaan goed met jou en die bean. Hoop die naarheid gaan gou weg!

Ruby, ek skree nou kliphard vir jou AF om NOU te kom dat jy die lap kan kry! Eish, sy kan partykeer met swak tydsberekening mens se planne in die wiele ry!

Hallo al die ander dames - Feetjie, Zettie, Lynkie, Jooste, Hexy en sommer almal! PS Hexy ek het vir jou Vrydag mail gestuur - hoop jy het dit gekry?

Okay girls, ek moet nou weer bietjie werk! Geen nuus hierdie kant nie, net werk werk werk :headbang:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218438 by Cisca
Haloha al die wonderlike dames!!! Hoop julle het 'n wonderlike 2012!!!

Strikkie - Happy birthday !!! Hoop jou dag is fantasties

Zettie - Ek is soo, sooo jammer om te lees van wat met jou gebeur het. Dit moet aaklig wees, kan myself nie indink nie. Sterkte, ek dink aan jou en groot drukkies vir jou!!!

Hi al die ander, skies, ek het met die lees bygehou, maar vergeet nou weer alles.

Is vandag weer terug by die werk. Was glad nie lus nie. So ver gaan alles nog goed met my boontjie. Is nou amper 14 weke. Het nou-net by kantoor mense vertel. My regte baas is nog op verlof, maar die ander hier was rerig bly en dink dis wonderlik. Die naarheid wil nie wyk nie, veral as ek sit en niks doen nie. Vandag is dit beter omdat ek nou weer besig is.
My volgende afspraak is die 6de Feb, dan is ons by amper 16 weke en die dr se dat dalk kan ons dan al sien of dit 'n dogtertjie of 'n seuntjie is.

Nou ja, lekker dag verder julle

TTC 1 yr 8 months
Me 32 and DH 34
Cervical Laser Treatment to remove abnormal cells - April 2011
2nd round of Fertomid - June 2011 - BFP
Ectopic pregnancy - Right tube removed - 26 July 2011
3rd round of Fertomid - October 2011 - BFP - Praise the Lord
www.fertilityfriend.com/home/35faa6
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 8 months ago #218433 by CheriseF
Hi julle,

Strikkie: Happy Bday! Hoop dis 'n awesome daggie :)

Zettie: Bly jy okay... Dink en bid nog al die pad vir jou.

Ek is nou op CD38 :cry: dis crazy!
Ek moet wag vir AF om te kom voor ek Dr Pentz bel en hy die lap boek. Ek sou graag die lap die week wou gehad het want dan is dit verby en dinge kan aan die gang kom maar nou weet ek nie.
Ek het vir 'n week lank seer borste gehad so dis van progestoroon wat hoog is m.a.w my liggaam dink ek het geOV... toe ek Dok laas Donderdag sien se hy daar is baie vog toe hy die interne sonar doen so AF is oppad... hallo dis nou al 4 dae later.
Ek is bietjie gefrustreerd. :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account