Goeie more al jul pragtige dames, dis heerlik om te sien jul almal praat weer so lekker saam. het jul "kuiers" gemis.
Ek hoop dat elkeen van jul "n baie voorspoedige, wonderlike, geseende, vrugbare 2012 sal he en dat elkeen se drome en wense waar sal word in die jaar.
Jooste - vriendin, so jammer oor jou lap. Maar ek is so so bly vir jou pva. Sjoe, jy klink skoon opgewek en reg vir die storie. Ek is so bly dat jul nou weet wat jul moet doen. Baie sterkte vriendin, maar ons sal nog praat, dis net so verligting as mens klaar weet wat mens te doen staan ne. Sterkte en ek hoop werklik dat hierdie jaar joune is!!!!
Zettie -sjoe my hartjie seer vir jou, sterkte jong!!
hopeful - baie geluk met groot stap en keuse, hou ons asb op hoogte, als klink so opwindend.
klippie - lekker werk
hexy - jippeeee vir fiets!! jy gaan baie geniet!! daar is vir my net niks lekker as "n goeie oefensessie nie.
ai ek moet met jul deel, ek het jul al vertel van my vriendin met spina bifida dogtertjie. sy is toe mos swanger met 2de babbatjie, die babbatjie is op 26weke gediagnoseer met "n erge hartsiekte. Hul wou op 34weke abborteer. maar vriendin en man het besluit om eerder te wag. Die babbatjie is toe verlede week gebore. die "perfekste" klein mensie, maar dr's kon net niks vir die kleintjie doen nie. sy is 2daggies later oorlede. vriendinne, sjoe!! ek kan jul nie se - mens sien hierdie "perfek" geskaapte liggaampie, sy lewe, maar hul moet wag dat sy doodgaan. dis seker een van die wreedste dinge wat ek ooit gesien het. en dan wonder ek maar net weer- sjoe!! hoekom??!!!! maar mens moet net bly glo ne!!! Liewe Jesus weet die beste, al sal ons dit nooit ooit verstaan nie.
Vriendinne uit my hart uit sterkte vir elkeen van jul se seer, ek weet dit is werklik nie 'n maklike paadjie nie. Sterkte!!!!!!