Hallo dames!
Waar is almal nou?
Zettie, baie sterkte, ek dink aan jou! Dit moet vreeslik wees om oor-en-oor te doen, jy het nou tyd nodig dat jou hart en lyf kan gesond word. *** groot drukkie ***
Ruby - baie sterkte! Ten minste is daar 'n werkbare PVA! Ek hou so duim vas alles verloop goed!
Jooste, daar is mense wat my kop gaan afbyt, maar ek stem oor die IUI en geldmors. IVF gee mens soveel antwoorde - selfs al is dit nie suksesvol nie, kan mens baie meer goed leer bv embrio-ontwikkeling, wat mens nooit met IUI kan sien nie. Ek wil nou nie 'n nat kous wees nie, maar is jy seker jy wil Maart-maand gaan vir IVF? Dis 'n Desember babatjie? Vra maar net
Hallo al die ander dames! Nogal opgewonde dat Cisca Maandag weer begin werk....wil hoor hoe gaan dit!!!!
Waar is Strikkie?
Slakkie het ook nooit kom post oor die POAS nie....Slakkie, wat gaan aan girl?
AFM: Geen nuwe nuus nie, same old same old. Net bly dis naweek!
Julle moet lekker naweek hou!