Hallo's Dames,
Ek kom loer net vinnig in. Dinge gaan maar woes hier aan die einde van die jaar en met die dat ek ook gaan klaar maak nou vir kraam verlof. Ek kom lees nog elke dag hoe dit gaan met julle en dra julle almal in my gebede!
Vir die dames wat weg gaan met vakansie oor die kers seisoen... Geniet dit en ry veilig... ek bid God se hand van beskerming oor elkeen van julle. Mag julle die tyd saam met julle geliefdes sommer baie geniet! En mag die nuwe jaar sommer BAIE blessings inhou vir julle almal. Elkeen van julle het diep in my hart gekruip en het sooo baie vir my beteken deur die jare wat ek hier gesels het op my TTC journey... Ek kan nie glo dat oor 5 weke gaan ek my kleine wonderwerkie ontmoet nie! My gebed is dat God julle elkeen se harts begeerte wat Hy daar geplaas het sal vul en julle sal seen met 'n baba'tjie!
AFM,
Soos ek se, ek is 35 weke en een daggie. ek werk nog sukkellend op die oomblik, maar ek sal nie terug gaan werk toe in die nuwe jaar voor baba hier is nie. My ouers is nou in Kanada om vir my broer-hulle te gaan kuier vir 5 weke. Hulle kom terug net voor my due date... Ek is baie bang ek gaan vroeer in kraam, terwyl hulle nog weg is.
Dit gaan baie goed met my en baba, en behalwe dat dinge moeiliker raak om te doen, het ek nie veel klagtes nie!