HI julle
Lalie, ek hou STYF duim vas!
Ugh ek is nou al by CD36 (gewoonlik omtrent 31 dae) en al weet ek dis mal om te toets, het ek. Het gistermiddag na werk een gedoen en as ek baie mooi gekyk het het dit gelyk soos 'n BAIE ligte pienk toetslyn (soos in amper nie daar nie). Dit het droog geraak en grys geword maar ek kon sweer dis pienk, en dit was in die regte tydperk.
Het vanoggend weer 'n toets gedoen (ook nie met FMU nie, dink dit was die 3de) en beslis 'n BFN maar ek vermoed ek het te veel op hom gepiepie, het SOOO lank ingehou.
Ek's seker dis als net "in the mind," of my hormone is UBER deurmekaar, maar my bbs is SOOOOO seer die afgelope 2 dae! Ek kan bestuur en die pad kan bietjie minder glad wees dan PYN dit! En ek voel heeltyd 'n geknyp in my baarmoeder-area.
Dit maak my so hartseer dat ek hierdie simptome en laat-heid nou ervaar terwyl ek mos weet dit kan nie wees nie. Ek bid SOOO hard dat God Sy mag sal wys en al die dokters verkeerd sal bewys, maar dis so moeilik om vertroue te hê as ek so baie slegte nuus ontvang het die afgelope paar maande.
Anyhow, ek het nie meer toetsies om op te piepie nie, en gaan ook nie weer koop voor Maandag nie. Hou duim vas ek kry antwoorde (m.a.w. AF of 'n ABSOLUTE wonderwerk) voor dan