Hi julle!
Die FS het my op 25 Aug gesien (CD11) en twee groot follies (18mm elk) op my regter eierstok gesien. My uterus "lining" was toe reeds amper 9mm...!!! So hy was baie in sy skik! Gewoonlik wil hy 'n lining sien van 6.5 mm of meer op CD11...so ek was trots op daardie baarmoeder wandjie!
Ek moes toe 'n trigger inspuiting spuit op CD13, want my dan op CD14 een eiertjie...en blykbaar op CD15 die ander eiertjie sou laat OV het. Het dit gedoen...(Been was die hele dag lam!) ...en geBD dat dit klap. Vier dae agter mekaar! Sjoe!

Moes nog 'n 5de dag ook inpas, maar my DH was nie daardie dag hier nie.
So...nou is dit vir die lang wag. My boobs is al seer van CD15 af en ek dink dit het te make met al die hormone wat ek gespuit het. Klippie...het jy ook seer (.)(.) gehad toe jy Menopur gespuit het?
Ek bid hard dat ek swanger kan raak die maand. Net een ou babatjie sal heeltemaal in orde wees. Die feit dat ons 'n dubbel kans het, maar my opgewonde. Ek is BAIE positief....en glo dit is die maand vir my!
Klippe:
Ek sou nie moed op gee as ek jy was nie. Dalk gaan dit nog so 'n maand of wat neem voordat daardie sperms in tip top shape is. Dit neem blykbaar 72 dae (dink ek?) vir 'n sperm om volwasse te word...so weet die werklike resultate gaan julle eers 3 maande na die operasie sien. Vasbyt!!! Ek is net so positief vir jou.
Hexy:
Klink my jy's weer volstoom aan die TTC. Dit is vir my lekker om te hoor. Jou BFP wag sweerlik net om die draai. (Sug)...as ons tog net geweet het wanneer...dan kan ons die tussen tyd ophou stress en hoop en die lewe geniet...en dan net daardie maand wat dit gaan gebeur gaan vir IUI of IVF of natural of wat ons ookal nodig het om pg te raak. As dit maar so kon wees-