More almal
Nuwe dag...en raai wat....MORE IS LENTEDAG

Gedog lente gaan nooit aanbreek nie.
Morgan, jy is omtrent bedrywig...sterkte met die taak!!
Lynkie...DH se gister vir my maar ek het self gese hierdie maand se BD was nie om 'n baba te maak nie, en ons moet dit rustig vat dit sal gebeur....toe se ek reguit vir hom, ek word ouer, Jayden word ouer, en hy is alleen....ons probeer nou al van Januarie af om swanger te word, so dis tyd dat ek weer gaan vir hulp....ek weet my gynie het laas gepraat van weer 'n laparoskopie doen, sal sien wat se hy as ek hom sien. Hy kom net een keer 'n maand hiernatoe, so sal volgende week uitvind wanneer kom hy weer.
Hoe gaan dit verder met almal?? Ankia, is jy nou gerat vir sussa se koms?
Cornel, jy is ook stil...waar kruip jy weg??
Weet nie of julle op FB gesien het nie, maar Driekie-hulle gaan terug Mafikeng toe....sy het weer 'n werk daar gekry, hulle het dinge met haar skoonpa uitgesorteer, en klink of die tydjie wat hulle weg was net goed was - in die sin van dat almal besef wat hulle in mekaar het. Glo nie sy sal omgee dat ek julle update nie
Ok...lekker daggie vir almal...gesels later weer
O ja...die dames wat werk - wat gaan julle doen vir Loslitdag???