Ek's weer terug, wil graag die volgende met julle deel.
Op 26 het ek en DH mekaar ontmoet, kort daarna is ek gediagnoseer met RA (Rumatoide Artritus) dit het sommer oornag gebeur. Ek wou ook vroeer trou en met kiddies begin, maar het dit op ys geplaas. Die meds wat ek gebruik het is gevaarlik tydens swangerskap so ttc was buite die kwessie. Dit was vir my baie moeilik om te verwerk en het deur verskillende stadiums gegaan van bang, bekommerd, kwaad, hartseer... deur dit alles het my DH by my gestaan, deur dik en dun. Ek het weer positief geword my dieet aangepas, begin gym, homeopate probeer, kruie meds probeer.
Baie stadig was daar verbetering, wat dit veroorsaak het weet ek nie, want ek het alles probeer. Stelselmatig kon ek die meds verminder. Ek's vir die afgelope 5jr in remissie, moes 'n jaar wag vir die mes om uit te werk. Dis waarom ek so laat in my lewe ttc. Die res van my geskiedenis ken julle reeds.
Ek het begin Aug per toeval op julle tread beland deur fertomid te search. Ek het begin lees en kon nie ophou nie. Julle ondersteuning en omgee vir mekaar het my aangegryp. Ek het baie by julle geleer oor fertiliteitsbehandeling, veral by jou Klippie. Toe my eerste siklus op 100mg flop was ek natuurlik baie teleurgesteld, maar het dadelik 'n afspraak by 'n FS gemaak. Julle dames het my vinniger in die regte rigting laat gaan.
Was aanvanklik skrikkerig om te post... sensitief oor my ouderdom , party mense dink om op 39 ttc is maligheid, maar ek sou dit ook anders wou gehad het. Is baie daknbaar oor my gesondheid en dat ek wel kan ttc. Na my tweede post hier ek al klaar beter gevoel, asof die wereld se las van my skouers af is. Al die vrouens in my familie en vriendekring is so vrugbaar, hoef net on DH se onderbroek te trap dan BFP.
So die raad wat ek ontvang het was ...ontspan, gaan met vakansie, vergeet daarvan. Ye right, dit het nie vir my gewerk nie.
Die rede vir my post is, ek soek nie simpatie nie, probeer iets terug gee, julle het 'n positiewe impak op my gemaak. Strikkie ek weet waardeur jy gaan en bewonder jou positiwiteit en aanvaarding, moet net nie ophou probeer nie, dinge kan verander. Dalk is daar ook iemand wat roofkyk soos ek gedoen het, en nie moed gehad het om te post nie.
Baie dankie, julle het soveel vir my beteken nog voordat julle van my bestaan bewus was. Voel meer positief en rustiger, nie meer so alleen nie, en het nou 'n PVA.
Hoop spoedige BFP's vir almal wat ttc. Sjoe, dis 'n lang post (sorry) gee julle Maandag iets om te lees.
Lekker week.