More almal
Hoe gaan dit vanoggend?
Dankie tog dit is Donderdag....die dag moet net vinnig verby gaan. Is so moeg vir almal se drama hier by die werk....ja, voel maar bietjie af vandag en emosioneel....sal maar net my werk doen en stil bly...het darem more verlof, iets om na uit te sien
Welkom hier Lynkie....vertel ons bietjie meer van jouself, jy noem jy het 'n moeilike TTC pad sover gehad?
Jong....dalk kan die ander dames meer sin maak van jou siklus, maar ek weet baie keer met spotting gebruik die dames progesteroon-aanvullings...daar kan Strikkie jou dalk meer inligting gee. Hoe monitor jy jou siklus?
Nie veel nuus aan my kant nie....maar mos nou in die 2WW....ek en DH praat so gisteraand, toe se ek vir hom mans ervaar dit anders as ons vrouens, hulle sien dit as AF opdaag probeer maar net weer, toe se ek vir hom ons vrouens sit so baie in 'n siklus in, dat dit vir ons emosioneel erg is as AF opdaag....so dit was 'n goeie talk wat ons gehad het.
Nou ja toe, lekker dag...gesels netnou weer