× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 1 month ago #203283 by Cornel
Baie dankie vir die verwelkoming!!!!!!!!!!!!!!

Voel anders om terug te wees.............dink ek was bietjie te lank weg!!!!!

Klippie ~ Dit gaan goed met MIL!!!!!!! Baie dankie. Sy is ook weer hier in die congo!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203278 by klippie
Hallo dames! Hoe gaan dit nog met almal?

Cornel - hallloooooooooo, ons het jou baie gemis hoor! Hoe voel dit om terug te wees in die Congo? Hoe gaan dit met jou MIL?

Hexy, ek maak altyd my eie sop - dit gaan vinnig. Ek braai sopvleis saam met uie en knoffel in 'n groot pot.
As dit bruin is, gooi ek die pot vol water. Dan sit ek die volgende groente by wat ek deur die masjien wat dit fynmaak sit (ek dink mens noem dit food processor, maar myne is sommer 'n plein ene):
2 wortels, 2 aartappels, 1 raap, 1 groot selderystok.
En 'n blikke tamatie (of jy kan 2 vars tamaties ook deur die masjien sit).
En 3 "hande" rou gort. (Ek sit dit in my hand sodat ek nog 'n vuis kan maak met die goed binne in).
En 'n vleisaftrekselblokkie.
En 'n pakkie mushroom sop en 'n pakkie "rich beef" of "oxtail" sop.
En 2 lepels sout.
Dan laat ek prut vir 'n uur. Ek maak dit in 'n groot pot (ek dink dis 4 of 5 liter) Dis baie baie lekker! En baie maklik, want ek kan dit self maak en is nie juis 'n great kok nie!

Hoop dit gaan goed met al die ander girlies! AFM: Nie veel nuus nie, behalwe dat ek SOOOOOO bly is my maskara is amper op. Ek gebruik altyd Loreal telescopic (gewoon), maar laas het hulle net die waterproof gehad - o wee, ek sukkel om die goed in die aand af te kry! Nou is dit darem amper klaar, en kan ek weer die gewone ene koop!

Julle moet 'n lekker daggie hê!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203276 by Morgan
Ag het nou net n moerse lang reply getik en nou is hy weg!!!!

Cornel nie meer lank nie dan is julle permanent terug in SA

Hexy die prodol is al wat werk, die gels en teething powders doen net mooi niks. Het haar gister maar dr toe gevat net om seker te maak sy het nie dalk ooronsteeking nie.

Gaan goed met Anje. Sys net baie besig by die werk en dan is Lianey ook nog daar so sy kry nie kans vir moomie nie. O ja hexy inbox haar op FB oor daai kasteel liggie. Haar een vriendin het dit vir haar gemaak.

Strik ek wag in spanning om van jou te hoor.

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203259 by Cornel
Goeie more julle oulike mensies!

Sjoe!!!!!!!!!!!! EK het julle omtrent gemis!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Soos julle kan sien is ons weer terug in die Congo!!!!!!!!!!!!!!

Ek het nog nie begin opvang nie,sal maar so deur die loop van die dag begin lees..............

Hoe gaan dit met julle?
Het ek enige intressante nuus gemis! Kom - kom Hexy gee gou vir my so kort update asb jong!!!!!!!!!!!!!!!!!!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203257 by sexy~hexy
More almal

Hoe gaan dit vanoggend?

Sjoe, hier het die wind omtrent gewaai deur die nag, en ek hoor vandag gaan dit nog erger waai as gister....en nou is dit alweer koud met reen....my huis se vloere is omtrent vol stof...Can't wait for full-on SPRING :P

Enige sop resep soek ek ook AVEMBLIEF!!! Ons wil ook graag sop maak, maar soek altyd eers 'n lekker resep wat nie te moeilik is nie.

Morgan, sterkte met Carli se tande. Ek het maar altyd by die apteek in Rustenburg hulle tandemengsel gaan koop - mens smeer dit aan die gums en gee in die aand 2,5ml...dit het klaar als in - wat die gejik bietjie wegvat en doodmaak en hulle beter laat slaap deur die nag. Ek het ook gehoor Prodol is ook goed.

Strikkie....ons wag in spanning??????

Wonder wanneer gaan Cornel kom inloer, sien hulle is weer terug Congo toe...

Ankia...jou daggies raak ook min suster....my een vriendin gaan nou die 2de September op kraamverlof, haar datum is einde September...kan nie wag vir daai sussie-baba nie :)

Anje, hoe gaan dit met Lianey?? O ja, waar het jy daardie kasteel nou weer gekry? Het gesien daar was een keer iets rondom dit op FB...sal jy vir my die details kan aanstuur?

Driekie....hoop dit gaan nog goed met julle....mis jou geselsies hier!!!

As ek iemand gemis het....SOWWY.....

Anyway...lekker daggie verder...chat later weer :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203222 by Morgan
Hi girls

Carli sny kies tande.... sy het nog net die 4 voorstes en nou die 2 kies tande. Sy gee my al my dae. So as iemand haar dalk wil koop inbox my. hehe.

Ankia jy moet my groot asseblief daai sop se resep stuur dit was rerig die lekkerste sop wat ek al ooit geeet het. Dit was rerig n lekker baby shower, jou mense het baie moeite gedoen.

Klippie ek weet hoe dit voel as mens so graag wil preggies wees en almal om jou raak swanger. Een van die dae is dit jou beurt, gee nog net so klein bietjie kans.

Hexy hoop al die BD pays off. Seker jou man smile lekker breed vandag.

Strik vertel meer van jou afspraak asb.......

File Attachment:


File Attachment:




Carli gebore 18 Junie, 09:50, 3.495kg, 50cm

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 1 month ago #203153 by sexy~hexy
Middag almal

Sjoe...vandag waai ons weg...met tye sommer ook die internet en outlook GRRRR

Ankia...jy moet bietjie fotos kom opsit van die babyshower...en hoop jy en sussa is lekker bederf?

Strikkie....ag nee hoekom se jy so? Vertel ons wat gebeur het????

DH het omtrent 'n lekker week en naweek gehad aangaande BD....hy kan nie kla van te min nie!!! Hoop en bid regtig dat daar ten minste een ou eiertjie die maand is.....ek is vandag op cd16....

Geniet julle daggie verder...dame wat saam my werk is afsiek so ek is weer tussen twee kantore vandag....sit al klaar met 'n lekker hoofpyn en kan voel my rug wil weer spasma maak :S

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account