Hiya almal!!!!
Goeie hemel maar ek is gevries!!!!!
Het nou sooo mooi probeer lees en opvang maar kan niks onthou nie!!!!
Dit gan skifboude hier maar ons gan aan!My ou werk het my VRREEEEESLIK in die steek gelaat en my net omtrent n derde uitbetaal van wat hulle moes volgens reelings en dan net omdat ek n mooooowiese stink opgesit het anders het ek seker nou nog gewag vir dit!!En dan soos die flippen duiwel dit wou he, die kontrakte waar my man werk gekry het is baaaaaaie slim opgestel en beteken dit as hy nie die suiwer komissie kontrak getekn het nie hy amper geen inkomste sou kry nie - so hy verkoop nou die goed net deeltyds en soek eerder n permanente pos met vaste inkomste.
Ek het nog nie werk nie, maar ek kan net sowel n professionele onderhoud-ganer wees want ek het elke dag omtrent 2 onderhoude...hopenlikj pan dit nou gou uit in iets goeds want die laaste paar onderhoude was nogal nice en prospects begin baie beter lyk.Op die oomblik drie Motor-industry poste (audi, ferrari en amh), n pos in Aeroton, en n ander een in Sandton (die ander een waar ek die finale onderhoud gehad het het ek nie gekry nie), en dan nog ene in Midrand). Die Sandton ene behoort ek Dinsdag te weet of ek dit het en ek het Dinsdag die Aeroton onderhoud.
En uiteindelik het mense my man ok begin bel vior onderhoude - Maandag is sy eerste ene.Ek hou regtig duimvas vir hom!!
En hoekom dit nou skifboude gaan - met die geld gemors van my ou werk en manlief se nuwe net komissie-werk het ons n hengse klomp probs opgetel.
Die bank het amper my debiet-orders terug-gestuur (darem kon ons dit uisort) en toe raak my kids albei siek.
Eoin was toe gister na n hengse gesukkel by die Dr wat ons ons geld teruggegee het en Paed toe gestuur het wat net mooi dubbel die konsultasie van die dokter was en toe moes ons nog meds kry. Hyt boonste lugweg infeksie en het 2 soorte neusdruppels en anti-biotika en Asthavent gekry - maar hel ek het gestress - my arme baby se stem is skoon weg!!!!!!!
Die goeie nuus is darem dat hy op 10weke al 5.5cm gegroei het tot 60.5cm en 2,7kg sedert geboorte opgetel het want hy weeg nou al 6.6kg
En dan kon ek nie eers vir my ou grootseun n oordentlike geskenk vir sy bday vandag koop nie (maar ek gan sodra ek n oordentlike werk weer het en geld het). Ek het toe maar vir hom karretjies gekoop en gelukkig is hy mal daaroor!Ja - my ou groot seuna is vandag n hele drie jaartjies oud!!Maar hy is ok siek en hoes nogals erg - nout my sussie vir my geld gegee om hom more gou dr toe te vat
Skuus julle die afgelope week was veral vir my baaaaaaie stressvol en nogals erg want dit raak my kids nou..ek pak maar net hier af want ek weet julle sal luister sonder oordeel en en en!
Ek vra maar net seblief elkeen se gebedjie want ek glo binne die volgende week of 2 behoort ons reg te kom.
Verder hoop ek regtig dit gan baaie baie geod met elkeeen van julle en al ons moomie babies!!!!!!
Mwahs en baie liefies vir elkeen
Ekke