Hallo julle!
Flippen amper 18:00 en dis die eerste keer vandag wat ek kans kry om in te log op Moomie!
Anje, baie geluk met Lianey, ons het omtrent lank vir haar gewag! Hoop sy bring jul baie vreugde!!!xx
Ai Driekie, jammer om te hoor van jou skoonpa.... Ek stem heeltemal saam met Hexy, hoe verder jul van hom af wegkom, hoe beter. Sterkte, dink aan julle!
Jooste, good luck met die nuwe lewenstyl, klink omtrent of jy op 'n mission is!
Hi Dassie, sjoe, maar jou kleinding groei omtrent mooi! Net nie lekker om te hoor van die opbringery, hoop dit raak gou-gou beter!!
Ankia, nou dat jy swanger is, volg jy steeds min of meer jou dieet?
Hallo Cornel & Strikkie!!! Hoop dit gaan goed met julle?
Ai, ons kyk met lang ogies na 'n Toyota Avensis, ek het met hom gaan ry vandag, en die kar ry soos 'n droom! Het al die veiligheids features, en dan natuurlik Isofix, wat ons Lancertjie nie het nie. Ons het laaaang somme gemaak, maar ai, ek het maar vir manlief gesê ons moet dit eers los, daar sal weer een of ander tyd 'n lekker deal verby kom, vir eers kom baba eerste. Netnou kan ons nie doeke bekostig nie, wat dan!!?? LOL.
O ja, sal my pa my wraggies vandag bel, en vir my sê ek moet probeer om my ou lyf terug te kry. Uhm, 6 wke swanger en ek voel reeds soos 'n olifant, dit was sooo onnodig!!
Nou maar toe julle, hoop jul almal het 'n heerlike naweek!!!
xxxx