More dames. AF is nou hierso - freaking 03h00 vanoggend. Geen kwade gevoelens, dit was te wagte! Nou kan ek lekker sonder peste gaan holiday yay!
LMGA @ Feetjie "in die regte lewe". Ons is in die regte lewe - en ons is pelle
Oor die lap: Dis onder vol narkose, so jy voel niks tydens die operasie nie. Hulle maak 'n snytjie in jou naweltjie en as jy mooi tissue oil agterna aansmeer, maak dit net 'n klein merkie - jy kan nog bikini dra

. Die snytjie is actually glad nie seer nie.
Maar:
Hulle gebruik gas om jou op te blaas terwyl hulle opereer. So daai gas gaan sit in jou skouers en ander beendere in jou bolyf. So dis basically seer om te beweeg. Vra jou dokter vir setpille vir die pyn (dit werk baie beter as pynpille). Ek kan nou nie die naam onthou nie, maar dis daai pille vir mense met rumatiek en artritis.
O ja, en hulle ontslaan jou eers as jy kan pieps. Ek kon nie dadelik pieps nie. Toe drink ek rooibos tee, toe pieps ek, toe gaan ek huis toe.
Ek het die volgende dag al gewerk, my skouers was seer, maar ek het maar vasgebyt.
Sterkte!
Hallo al die ander girls! Julle moet 'n lekker dag hê! Ek moet nou weer ry, al weer op die wapad vandag!