Hi girls.
Sjoe, jammer ek post nou eers. Ek log gewoonlik in met my sel om moomie te lees, maar post nooit. Dinge is hectic met baba. Ek is so besig, ek kry nie eers kans om toilet toe te gaan party dae nie.
My mannetjie is nou al 9 weke oud. En hy is heeldag wakker, slaap miskien net so uur hier en daar, so daai storie van mens moet slaap as baba slaap werk nie eintlik vir my nie. lol.
Hy slaap darem beter in die aand, so 4 ure op 'n slag, maar mens is maar nogsteeds exhausted.
Hy het reflux so dit is nogal 'n issue. Hy drink darem sy formula mooi, maar gooi redelik op tussen feeds. Sy paed sê ons moet dit maar uitwag, sal beter raak op 6 maande. Hy tel gewig op so sy wil nie medikasie gee nie. Shame, ek kry hom jammer party dae want mens kan sien hoe ongemaklik en crabby hy is.
Verder groei hy teen 'n spoed. Hy is 'n groot man, weeg al amper 7kg.
Ek geniet moederskap, maar sjoe die min slaap is hectic party dae. Definitief 'n groot aanpassing. Gelukkig help my man party aande en oor naweke.
Ek moet julle nog 'n foto mail, wanneer ek weer kans kry.
Hoop dit gaan goed met almal!