Dankie julle!!
Ok in a nutshell
My man het Matriek...en dan het hy n Kursus gedoen in Kookkuns omdat dit een van sy groot liefdes is om te Kook..
Nou ja direk uit skool het hy vir die familie besigheid begin werk en hy werk nou elf jaar later nog steeds vir dieselfde familie besigheid..
Hyt begin as appie en gevorder tot assistent voorman 3jr later en nog 2 later het hy in die kantoor begin werk met kwotasies, invoicing en dtre/krtre kontrole, hr en als wat in n besigheid gebeur eintlik omdat sy pa hom wou leer om dit oor te kan vat by hom...en noodgedwonge so 2/3 jaar terug het hy die bestuur oorgeneem (maar nooit algeheel nie want skoonpa het alewig n vinger in elke pie en wou nooit regtig hom toelaat om besluite te maak nie)
Dit is n plumbing/maintenance maatskappy te doene met enige en alle werk in en om jou huis...hulle is gekontrakteer by al die groot Versekerings-maatskappye en doen die kwotasies en dan gevolglik die werk namens die versekerings-maatskappye vir mense wat eise insit by hul versekering en die maatskappye betaal hulle dan vir dit...