Hi almal
Ek loer net gou vinnig in. Dit gaan regtig dol by die werk, moet nou al laas week se werk inhaal, en tussendeur moet ek nog maatskappye en plekke bel waar my pa dalk lenings of polisse gehad het, om te hoor watse dokumentasie benodig hulle.
Baie dankie aan almal wat 'n sms of boodskappie of FB gestuur het, ek waardeer regtig elkeen. Dit voel als nou nog so onwerklik, en daar is nie regtig tyd vir stilsit en rou nie, ons moet sorg dat my ma 'n inkomste begin genereer, aangesien sy mos nie werk nie, so dit is net papiere en vorms wat ingevul moet word.
Al wat ek vandag vir elkeen van julle kan se is - maak seker julle goed is 200% in order....die dood kom so vinnig. My pa se goed was in order, maar 'n begrafnis kos baie geld, en plekke wat se hulle betaal binne 48uur uit, hulle doen dit slegs wanneer hulle al die dokumentasie het, en mens kry daardie dokumentasie eers na die begrafnis. Sorg dat julle genoeg voorsorg getref het, dat daar 'n testament in plek is, waarnatoe gaan julle kids...al hierdie dinge. Ons leer nou op die "harde" manier, maar dit is seker maar die beste manier.
Ek het nie veel opgevang nie, so hoe gaan dit met almal?
Ek dink ek is op cd27 vandag, en voel of AF moet begin. Het verlede Woensdag gegaan vir cd21 bloedtoets, wag vir resultate. Gynie het my gebel, my ander bloedtoetse is skoon, so geen fout met skildklier, glukose of insulien weerstand nie. So wag nou net om te hoor of ek geovuleer het of nie.
Wel ek groet weer....moet alweer hafl2 huis toe, het afspraak met 'n makelaar gemaak en my ma moet die bank gaan sien oor my pa se testament.