Pais, net gou jou vragies antwoord
Ek het gevloei tot op ses weke. toe hou dit op, maar ek het eers af gekry toe boeta 'n jaar oud was, al het hom formule gegee en nie meer elke voeding uitgemelk het nie, maar elke liggaam is anders.
My storie is regti 'n wonderwerk. Soosy jy weet het man lif lui sperm en klou aan mekaar vas, soos een het miskien net een stert maar twee koppe en so aan, so hulle is maar bietjie stadiger
En as ek nou vir jou vertel van die dae wat ons gebd het, dan het ek eer hierdie dae getel nadat ek uitgevind het ek is swanger.
Ons was maar nogsteed versigtig, en het toe gebd op dag 7 & 8, het geweet dit sal niks doen nie, ek moes ge-o het op dag 12 of 13. Ons het toe gebd op dag 13, ek het vir manlief gese ons moet protection gebruik, maar hy het gese hy is nie bekommerd nie, na 'n jaar van getimede bd het dit buiten dien nie gewerk nie, so hoekom sal dit nou.
Wel op dag 11dpo was ek baie emosioneel en het sommer gehuil omdat william nie wil eet nie, het net daar besluit dit is nie soos ek is nie, en doen toe 'n toetsie in die aand, ek is seker ek sine 'n lyntjie maar sit die ding toe weg, en gaan kyk nog gereeld wat is aand ie broei en ek los dit toe
12dpo raak ek upset oor william te veel glipsies het en huil snot en trane, weer ruk ek die 11dpo toetsie uit en verbeel my ek sien 'n 2de lyntjie
Doen toe weer 'n toets op 12dpo en sien skaar die tweede lyn.
Koop toe klomp toetse op 13dpo, maar toets nie, toets toe weer in die aand op 14dpo, en daar is geen lyntjie nie, gooi hom sommer weg. Af moet Maandag begin, en ek is seker ek het liggies gespot op 14dpo, maar daar het niks verder gebeur nie. Toe af nog nie opdaag op die Maandag nie, toe toets ek weer ind ie aand op 15dpo, en daar was geen 2 de strepie nie.
Maar ek hou toe die toets
Deur die aand gaan ek badkamer toe en wag vir af, nog niks nie
Dinsdag oggen 16dpo gaan badkamer toe en nog niks af nie, ruk toe 15dpo se toets uit en daar sit 'n tweede streek. Ek ruk toe die digital, drink water en wag en wag, tot ek net genoeg kon piepie vir die digital, en die se toe pregnant 1 -2 weeks
Wat 'n gevoel om dit te sien.