More almal
Hoe gaan dit?
Was toe gister by die tandarts, nou is my tande weer reg, en hy het een van DH s'n ook gestop. Het na Jayden se tande ook gekyk, lyk my oor so 3 of 4jr gaan Jayden na 'n ortodontist moet gaan, sy onder kakebeen is groter as sy boonste kakebeen, wat veroorsaak dat hy lispel, en dit belemmer ook die groei van sy tande se posisie. Maar dit kan reggemaak word, so darem nie te ernstig nie, dr het gese mnes moet ook eers kyk hoe hy wissel en hoe dit gaan lyk as die nuwe tande uitkom. MAAR, Jayden het 4 gaatjies in sy tande

So volgende Donderdag gaan hy onder narkose sodat Dr sy tande ook kan stop.....
Moet vandag weer vir bloods gaan...hulle het mos te laat my bloed van laas week gestuur, toe kon dit nie gebruik word nie. Maar ek gaan nie betaal vir die keer se bloedtrek nie....OI...asof ek dit nou nodig het

Ek en bloed trek is SO NIE MAATS NIE! Moes ook weer vas van gisteraand af, so ek is lekker dors en soek my koffie!!!
Op cd14 vandag....het darem gisteraand geBD...het so 'n dowwe pyn op my eierstokke...maar ek lees nie te veel daarin nie, wil maar eers hoor wat se die gynie - of ek ovuleer of nie.
Lekker daggie vir almal!