× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #155374 by ella~bella
Dassie, baie geluk met die klein man se geboorte!! Geniet elke oomblik!

Hallo aan al die ander! Hoop dit gaan baie goed met elkeen van julle!!!!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155370 by Kinderelomelo
Geluk Kriek, dis great. Ek wil net se met my twede swangerskap het ek baie erger rekpyne gehaad as met die eerste een en het ook baie geworry maar dit was fine. Ek het op 8 weke my maternity klere al uigehaal so als gebeur vinniger twede keer om. Geniet jou swangerskap.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155366 by Kriek
Ankia ek voel baie goed, nog geen morning sickness nie (Touch wood).
Dink net ek gaan soos n seekoei lyk met die een, want my maag is al klaar geswel, met my eerste het ek eers op 3 maande begin wys, en hier by 6 maande begin maternity klere dra, maar weet nie so lekker van die enetjie nie.
Ek net moeg in die aande, slaap al voor 8 in die aand, en pp baie. Ek kry so nou en dan sulke pyne in my maag, maar dis seker maar hoe alles weer rek, maar dit kan my nogals laat worry so nou en dan. Dan gaan google ek maar net weer, en sien dit is normaal. :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155359 by elrike02
Skies dat ek 'n verkeerde afleiding gemaak het Dassie! Maar sterkte vir jou!

AF het opgedaag....!!! So ja! Verder het ek nie nuus nie!

Mooi dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155333 by Kinderelomelo
More almal

Hexy, sjoe dit maak 'n mens lam ne? Jou bene word skoon jellie. Bly die beserings was nie te erg nie.

Jisse, ek voel so goor, is so siek met die griep en sinus, my kinders is ook almal siek maar ek moet werk, kan nie by die huis bly nie. So so bad om my kiddies so siek skool toe te stuur.

AFM: Dag 3 Fertomid, erge kopseer gistermiddag gekry maar is dalk van die Sinus. Verder niks simptome nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155329 by Dassie
Dankie almal.

Ja dis was normale geboorte, maar die mannetjie was te groot so Dok moes sny en suier gebruik.

Gelukkig het my man afgevat by sy werk en help my baie. Moet 4 keer per dag in sout bad en kry darem so paar uur slaap in, want ek borsvoed. Hehe my man is al 'n expert nappy changer.

Sal vir julle foto email wanneer ek weer kans het.

TTC first LO since April '09.
MC - June '09.
BFP - 26 May, Alle eer en dank aan God!
Baby boy born Jan 2011!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155315 by Goggatjies
Goeie More

Dassie, baie geluk. Ek was nie gesny nie, maar het baie erg geskeer aan die binne kant, en ek het baie simpatie met jou, dit is vrek seer, en op 'n tyd het die steke my gekrap, was nie aangenaam nie.
Boeta was 'n mooi gewig - whoohoo
Kan nie wag om foto's te sien nie

More Hexy, ek kan glo julle het nogal geskik met die ongeluk wat voor julle gebeur het.

Marie kan nie wag om te hoor hoe gaan dit met Marinus nie

Hallo Charlaine, bly om te hoor jy is weer aan die gang met TTC

Hallo kriek - hoe voel jy???

Gaan goed vanmore, William het baie beter opgestaan en nie so gehuil vir sy pa nie, wat 'n verligting. Hy gaan nou al mooi skool toe, huil nog so bietjie as ek hom vir die Juffrou gee, maar hy hou vinnig op en dan speel hy mooi met die maatjies.
Vanoggend wou hy met 'n borslap skool toe gaan, waht se "I believe in Santa, en sy Kersfees Hoed, hy het dit darem in die kar afgehaal en daar gelos.

Ek voel oraait, moet maar gereeld die Vomifene drink, maar ek kan nie kla nie.

Lekker dag

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account