× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #155290 by Kriek
Hallo almal !!

Dassie baie geluk met boeta, sjoe, maar hy is n stewige mannetjie, hoop jy voel sommer gou beter, en geniet hom.
Hexy ek het op FB gelees van die ongeluk, kan dink dit moet erg wees om dit te sien.
Ek het tonne werk, hoop ek kan deur dit kom vandag.
Lekker dag vir julle almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155287 by ChaNa
Dassie dit klink of jy wel normaal geboorte gegee het maar net 'n baie erge episeptomie gehad het..Baie Geluk met julle babatjie se geboorte,wow maar hy is omtrent 'n bulletjie hehe..Well done mommy. Hoop jy word gou gesond.

Aan al die res hoop dit gaan baie goed verder en pas julle mooi op.

AFM: Af het saterdag haar verskyning gemaak na 'n hele maand skip so nou is ek weer aan die ttc. Ek is vandag op CD 11, so sal vanaand weer 'n bd probeer inwerk. Ons wou gisteraand maar toe mamma vir sussie in haar bedjie gaan sit om te doedoe toe raak mamma ook aan die slaap in sussie se bed LOL..

Ek word nou Sondag aand gedoop, so is baie senuweeagtig..

Julle moet 'n lekker daggie verder he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155279 by sexy~hexy
More almal

Hoe gaan dit vanoggend?

Nie veel nuus aan my kant nie, baas is vandag en more nie rerig in die kantoor nie, besig met onderhoude...so lekker rustige twee dae wat voorle (ek hoop).

Nogsteeds AF pyne, wag maar in spanning. Mens hoop maar tog tot op die laaste...

Het gisteraand 'n ongeluk voor ons sien gebeur, ek het geruk tot in my binneste van skrik. Gelukkig het die vrou in die kar wat gestamp is en gerol het glo nie te ernstig seergekry nie, maar ek sien oor en oor daardie prentjie in my kop :S Polisie is so vertraag, ek bel seker 10 keer agtermekaar 10111 maar niemand tel op, en hulle het daar verby gery en nie eens gestop nie. Te gewoond die myn se reaksie diens en ambulanse moet als doen.

O ja, het julle gehoor die einde van die wereld is 21 Mei 2011?? :blink:

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155278 by marie r
Dassie baie geluk. Hoop hy verskaf baie vreugde vir julle. Geniet elke oomblik saam met hom, want hulle word so vinnig groot.

Hallo aan al die ander. Hoop dit gaan nog goed met almal.

Het net gou vinnig kom inloer, want ek's besig om so tussen deur klaar te maak om gynie toe te gaan. En dan het ek so paar dingetjies om in die dorp te gaan doen.

Ek praat later weer met julle. Lekker dag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155275 by sexy~hexy

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155272 by sexy~hexy
DASSIE!!!!!!!!!!

Baie baie geluk met die geboorte van boeta, hy was omtrent 'n stewige bulletjie :) Jy moet gou beter word, en geniet elke oomblik, dit gaan so gou verby!!! En kom post net een ou fototjie avemblief???

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #155262 by elrike02
Hi Dassie,
Ek is so bly dat alles darem goed afgeloop het en dat julle altwee gesond is!!!! Baie geluk met jou baba. Ek wens jou alle vreugde toe met die kleinman!!! Jammer oor dat jy toe 'n keiser moes kry en vir die steke! Ek hoop jy word ook sommer gou beter en dat jy nie meer pyn het nie!

Ons kan nie wag vir fotos nie! Asseblief kom wys ons gou hoe jou kabouter lyk!!! :-)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account