Hi almal
Ek kom se net halo en welkom MMCC. Ek hoop jy kry sommer vinnig jou BFP!

As jy nou weer Worcester toe gaan, moet jy sommer by CLicks op stock (maar ek vertrou dit gaan nie nodig wees nie)
Blommie, jy join sommer die maand die ander! Ek hou duim vas vir jou. Lekker koek bak!
Hopeful, daai foon kan maar nou n slag lui! Vader van genade! Geduld is ook maar net so lank
AFM: Ek was maandag by FS. Hy het video gewys van die operasie. Als was aanmekaar was geplak. Hy het gese dat ek nie swanger sou raak nie want my derm het bo-oor my baar en eierstokke gele.
Ek weet dat ek 35 is, maar ek need net n break. So, ons het besluit dat ons in Desember weer terug gaan en dan wil FS weer opereer. Dit sal dan minder drastiese chirurgie wees en ons kan dan sommer sien hoe lyk dit dan.
So op die oomblik toets ek maar die OPK en BD wanneer ons moet en ek het progesteroon setpille vir die spotting.
Ek sal weer 1 of ander tyd inloer.
Mooi bly al die wonderlike dames!
p.s.!!! Ek en manlief het 2 honde ge-rescue!!