Zettie
Het die bloeding opgehou?
Die foto's is baie mooi! Ek oorweeg ook om so 'n wit of donkerhout kot te koop soos wat julle gedoen het. Dit is vir my bitterlik mooi! OF...daardie koel rondes wat ek erens in 'n baba tydskrif gesien het. Ek moet nog net besluit.
Jou boepie is pragtig!!!!!!!

Ek sal op 12 weke ook myne afneem en post. Tans lyk dit nog nie na iets nie, maar dit is darem stywer en voel groter as gewoonlik.
Hopeful
Ek gewonder...hoe werk dit as 'n mens 'n babatjie aanneem. Laat hulle jou weet as kleinding klaar gebore is en dan gaan haal jy hom/haar net, of hoor jy 'n paar maande voor die geboorte daarvan? Wat ek eintlik vra is of jy 'n tydjie het dat jou vriendinne darem gou vir jou 'n "shower" kan gooi voordat hy/sy opdaag, en of jy net een dag daardie oproep kry en dan kry jy jou babatjie 'n dag of wat later?
Snoekie
HALFPAD!!! Dit is ongelooflik. Nog net 'n ander helfte oor en dan gaan jy julle babatjie in jou arms he! Dit is vir my so ongelooflik hoe bitterlik stadig die dae omgaan as 'n mens vasgevang is in die TTC en infertiliteits dilemma...en dan sodra daardie BFP gebeur het...is dit asof alles net super vinniger beweeg. Ek is al verby die kwartpad merk en en kan dit nie glo nie.
AFM
Besig vandag op kantoor, maar nie veel nuus nie. Ek is moeg en nie lus vir werk nie, maar kan verder nie kla oor enige ander simptome nie.