× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #152914 by Ansa_S
Laliek is so bly als gaan goed. Ek begin al hoe meer glo aan daardie ouvrou storie van die vinnige hartkloppie is dogtertjie en stadige een seuntjie.

MJ se hartjie was nie nastenby so vinnig soos jou bondeltjie sin nie. So dalk raai die dokter reg om te raai dis pienk!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152904 by Laliek
Hi Julle

Ek kom loer net vinnig in - ek sal net nou mooi kom opvang en personals doen BELOWE!

Ek wil julle net gou vinnig vertel van ons scan vanoggend. Babatjie is mooi gesond en alles lyk 100% - dokter is baie baie tevrede. Meet nou 12w6d. O en dok het raai vat - lyk of dit team PINK is vir ons!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152903 by Ansa_S
Heyn Anje,

Ek het darem 'n kot en kassie gekry by Crazy little monkey, my ma gaan dit vir ons koop. Wag net om van haar te hoor of dit reg is dan gaan ons dit bestel.

Ek gaan ook weer vir 'n scan op 31 weke. En dan gaan ons die 4D doen, maar dis eers 24 Februarie.

Kan nie glo ek is hierdie week as 7 maande swanger nie, voel of die tyd te gou verby gaan, geniet nog die klein mannetjie in my maag!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152896 by Mommy2Monster
hello julle!!

eks bly om te sien die pensies groei so pragtig!!

fxfx vir die wat nog wag vir hul BFP, ek hou alles gekruis.

Ek lees darem nog in die aande, maar ek kry net nie tyd om te post nie, en ek voel altyd soos 'n idiot om te post so laat in die aand, dan los ek dit maar.

anycase, ek belowe ek gaan tyd maak in my hectic skedule om 2h elke dag te chat ;-) en dan my werk te laat wag.

ooo my monstertjie gaan alweer onder die mes, jaarlikse ding die lyk dit my. en Liampie is HUGE, hy weeg nou al 8.36 en is 70cm lank, so much vir 'n tiny 2.6kg baba. hy weeg nou al wat die monster op 1jaar geweek het :blink: :blink:

nou ja laat ek gou lees wat by die aug 2010 groupie aangaan... :side:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152864 by Lia
AFM: Ok, my scan Vrydag was heerlik, Lianey weeg nou al 1.8 kg's en sy is lekker besig. My pens het sommer sulke punte getrek, terwyl dr gescan het. En, sy is nogsteeds 'n dogtertjie....hehe. Ek lees vanoggend dat jy moet baba se gewig op 31 weke vat en verdubbel en dis omtrent hoeveel baba gaan weeg met geboorte, maw Lianey gaan omtrent 3.6 kg's wees, wat nie sleg is nie. Hoop net my klere groei ook so vinnig saam.

Ek het 'n lekker besige naweek gehad, maar dit was heerlik. Ons is Saterdag Klerksdorp toe waar ons die dag vir my ouma gekuier het en ag cute, sy het vir my 'n geskenkpakkie gegee met sepies ens in en 'n R100 noot om vir Lianey ietsie te kry van haar af - te dierbaar. Toe is ons Vierfontein toe, waar ons oorgeslaap en vir ml se ouma gekuier het (mil en boyfriend was ook daar vir die naweek) en Sondag oggend so 10h00 se kant is ons na ml se tannie in Vereeniging saam mil en daarna huis toe.

Ek het nie eintlik tyd om te chat nie, so julle moet 'n heerlike dag he !!! Sal later weer probeer in log.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152855 by Lia
More more dames,

Elrike, ek is bly jou seuntjie is darem ok.

Marie, aag dis so lekker om so laaste kuiertjie in te kry voor M kom. Ek is bly jy het dit geniet en dankie tog hy het nie besluit om hallo te se vir die wereld nie.

Hexy, ons hou maar duim vas.

Hi Klipster, bly om te sien jy kom kuier nog hier.

Ankies, lyk of jy darem beter voel vanoggend, behalwe vir die naarheid.

Slakkie, ((((HUGS)))), toemaar jong, dit lyk vir my die meeste IUI’s werk in elk geval eers met die tweede een. Ons hou vir jou duim vas vir dan, maar hoop dis nie nodig vir ‘n tweede IUI nie.

Cornel, lekker, ek is ook nou sommer lus om iets te bak.

Drix, nee, ek is sommer geskok oor jou skoonsus, miskien moet jy nou die nuus spoil en die hele familie laat weet sy is swanger. Sjoe dis ‘n slegte ding man. Hoe kan mens so wees. Sy vir haar hier is ‘n paar dames wat die baba graag sal wil aanneem. O, maar ek is bly dit gaan goed met jou en jou mannetjies, dis nogal lekker as hulle so vreeslik beweeg. Nou is ek lus vir kaaskoek, ek gaan sommer vanaand kyk vir daardie pakkies.

Ella, jy moet darem nie net na kilo’s kyk nie, meet jouself, dan gaan jy sien of jy darem verloor. Ek is nou geen ekspert nie, maar soos jy oefen bou mens mos spiere en spiere weeg ook gewig. Jy is so positief en sterk, ek is seker jy gaan by jou doel uit kom.

Ai Strikkels, ek is sooo jammer jong. Moet jy nie maar terug gaan na jou FS dr nie ? Ek stem saam, kry vir DH getoets, jy sukkel jou jack af, maar die fout is dalk nie eers by jou nie, maar by ml en dis dalk iets so klein dat dit met ‘n pil of ‘n ding reggemaak kan word. My hart breek vir jou !!

Hi Ansa, lekker om van jou te hoor en so bly MJ en jy doen so goed. Het julle nie ‘n onderwyser by die skool wat houtwerk kan doen nie, as julle het, vra hom om te help.

File Attachment:

MC Dec \'08 & Mrch \'09,
HPT - 19/07/2010 - BFP !!
L gebore op 07/04/2011
Alle eer aan God !!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152844 by Cornel
Hexy,dis kruisiesteek,amper so iets soos borduurwerk. Ek doen dit met die hand......borduurwerk doen jy met 'n masjien.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account