× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 7 months ago #152774 by ella~bella
Hallo girls!

Lyk my dit gaan goed met die meeste van julle....

Slakkie, girl, toets die dag wat jy veronderstel was om te toets. Ek weet dis moeilik, maar om vroeer te toets maak ons dinge net soveel moeiliker vir onsself. Ek weet jy wil dit nie hoor nie, maar as dit nie gewerk het nie, is daar nog HOOP vir 'n volgende keer. Jy het nie 'n doodloopstraat bereik nie. Jy moet sterk staan. Ek weet dis nie maklik nie.

Driekie, dit klink omtrent soos 'n sirkus! Ja nee, ek is ook nie keen op daai ge-force feed met babas nie! En kan jy nou glo, sy is so bevoorreg om net swanger te raak, dan raak sy sulke goed kwyt.

Niks nuus aan my kant nie. Ek diet mos nou en oefen ook, maar soos julle op my ticker kan sien gebeur daar niks... dink dis die oefen wat nou die skaal bietjie terug hou. Ek voel darem my klere sit effens beter. Ai, ek wil so graag die gewig verloor voor ek April weer gaan vir behandeling... want die keer gaan dit werk! En dan wil ek nie te veel gewig optel met die swangerskap nie.

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152767 by Cornel
Driekie,ek het sommer hoender en kaas muffins gebak.........

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152765 by Driekie
Haaaaaai Cornellie - ooooh maak jy my nou lekker lus vir lekker warm varsgebakte BLUEBERRY muffins!!!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152760 by Driekie
HEEEEELLLLOOOOOO ALMAL!!!!!!!

Skuus ek hhet net gou vanoggend se posts gelees - nie verder terug nie...
Anje - hoe was die scan gewees???
Marie - klink of julle n bevange naweek gehad het!!
Strikkels - ??????how goes?????
Slakkies - ai dollatjie - maar ek sien op jou siklus thingy jy't nog so iets soos drie dae oor???Onthou toe ek uitgevind het eks preggy het ek getoets nadat af al 2/3dae laat was en ek het n ongelooflike ligte strepie gekry...moes in n baaaaaaie skerp lig kyk om dit te sien...
Dassie - het kleinman al opgedaag - ek hoop ons hoor gou????
Elrike - sjoegies ek is bly jou seuntjie is beter...dis scary as sulke snaakse dinge met hulle gebeur!!
Anks - ek weet jy het baie hard vir die gewig gewerk..maar probeer soetgoed..somehow het dit vir my naar gewerk..

Dit gaan heel goed aan die kant en ek dink/hoop regtig Eoin het nou gedraai..hy't die naweek gehik en ek het dit aan die onderkant van my maag gevoel.
Hy is die oulikste dingetjie...en is versot op sy pa...hy sal spesiaal vir hom beweeg en so so as ek homn tyd lank nie gevoel het nie vra ek net vir daddy om sy hand op my maag te sit dan begin die sports!!Selfs gisteraand vir pappa in die rug geskop!
Die skoppe is vreeslik hard maar raak darem nou effe rustiger..kan nie wag dat hy hier is nie!

En dan verder is ek smoor smoor kwaad geskok en baaaaaie dissapointed in my skoonsussie en haar man!!!!!Julle ken almal die storie van haar dogtertjie en my opinies en en en...
Nou jaa die naweek by die krieket is klein Zarenay weereens soos n pop in die pram gedruk en elke keer wanner sy we word die boteel melk in haar mond gedruk...
Sys besig om lelik vet te raak want hulle gee haar haar purity (geen vaste tipe kosse ens nie) plus n bottel melk met elke ete en tussen-in heeltyd melk...geen ander tipe goed soos juice of wat okal soos Morgs/Nel/Tienks/GB nie en sys nou 7maande oud
Skoonsus besluit sometime tydens die krieket-wedstryd om net op te staan en te loop en los haar kind in die pram onvasgemaak heel bo, op die pawiljoene - ek het amper n OORVAL gekry!!!!!

En om als te kroon vertel sy toe vir my swaer se meisie daai aand sy weet nie wat om te doen nie want sy is weer swanger....sy en haar man wil nie die familie vertel nie want sy wil nie die baba he nie en dink daaraan om met haar pa te praat sodat hy hulle help om hulp te kry om n aborsie te doen!!!!!!!!!KAN JULLE DIT FLIPPEN GLO!!!!!!!!Syt geweet sy moet die pil of ander metodes gebruik om nie weer swanger te raak nie en so waar as vet spyker hulle voort!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152748 by Cornel
Goeie more dames.

Sien dit gaan darem nog goed met almal!

Het enige iemand nuus van Dassie? :silly:

Ai ou Slakkie!! (((((HUGS))))) vir jou! ;)

Ons het ook maar 'n rustige naweek gehad,dh het gewerk.
Ek het saterdag bietjie muffins gebak en gestraand pannekoek..... ;)

Vanoggend moes ek ekstra hard en vinnig loop op daai threadmill..... :blush:

Hier is dit sommer van vroeg af bewolk....sal maar sien of ons later bietjie son sal kry......

OOOOOOO NOG NET 30 DAE,DAN GAAN ONS BIETJIE HUIS TOE!!!!!!!!!!! :woohoo:

Lekker dag vir almal.

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152745 by sexy~hexy
Ai ou Slakkie..jammer oor die BFN. Gaan jy dalk weer toets nader of na CD28? Soos Paisley en Lalie vir jou sal se, mens se liggaam moet eers gewoond raak aan die vreemde medisyne...moenie nou al moed verloor nie dolla, al is dit hoe moeilik (((hugs)))

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 7 months ago #152742 by Goggatjies
Ai slakkie jammer om te hoor.
Dink aan jou

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account