Hi M2M, bly om van jou te hoor. Shame man, waarvoor word monstertjie geopereer. Sjoe Liam groei baie goed.
Ansa, ek hoop julle kry mooi 4D scan phodies, ons 25 weke 4D was baie mooier as ons 29 weke een. Maar geniet die 4D, jy kan alles so mooi sien. Sjoe tyd vlieg regtig ne, voel net of tyd nou vir my stilstaan.
Sjoe lalie, jy is gelukkig dat dok so vroeg raai. Ek hoop dis nogsteeds volgende week ‘n dogtertjie. Nou kan julle aan name begin dink. Baie Geluk !! En jy het pragtige scans, ek love die vroee scans terwyl hulle nog so klein is.
Karin, baie geluk met die nuwe pienkvoet in die familie !! Oi, wat die ry aanbetref, dr het Vrydag (31.5 weke) gese dis ok om ‘n 2.5 ure trip te doen en ek was fine gewees, maar ek weet nie van 5 nie. Ek dink as jy dit doen moet jy maar net gereeld stop en jou bene rek – en vat maar ‘n bottel vir piepie, jy weet nie wanneer jy dit gaan nodig kry nie.
Hexy, ons hou duim vas.
Ella, ek het nie besef hoe naby April is nie, een van die dae……
Drixter, wanneer sien jy weer dr ? Toemaar, te danke aan skoonma gaan ek net 6 weke af wees en dan ook terug kom werk toe, ten minste kan Lianey saam my kom tot na die winter. So ons sal saam kan chat oor min slaap....lol.
AFM: My babyshower is die naweek, ek sien vreeslik uit. Ek is nie seker wat die beplanning is vir die dag nie, maar ek weet waar en wanneer. Kan nie wag nie, daarna kan ek ook my goed in plek kry, koop wat ek nog kort en die tas pak. Ek raak nou bietjie angstig om dinge in plek te kry.
Lianey draai nou vreeslike draaie vandag, of dis hoe dit voel en daar is gereeld ‘n punt wat iewers trek. Dis lekker as sy so besig is.