× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #148939 by Goggatjies
Karin - dankie dit is pragtig

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148938 by Goggatjies
Goeie More

Hex my due date in om en by 19 Sep

Laliek, ek het met my vorige swangerskap Growth Spurt gebruik en ek gaan hierdie keer weer hulle gebruik
Jy kan vir Henny bel 082 788 2683
Ek sal ook vir jou al hulle besonderhede email, wat hulle verlede week vir my ge-email het, dan kan jy bietjie sien wat hulle charge.
Wie doen jou 4d - is dit ook by Genesis
Maryka doen al my scans en sy vra maar R200 en sy doen ook 4 d scans
Kan nie wag om haar oor bietjie meer as oor 2 weke te sien

Ons het 'n baie slegte oggend gehad met William
Vandat sy ogies oopgegaan het, het hy gehuil. Ek het naderhand sommer saam gehuil
Vanoggend was vir my baie erg, die ergste nog vandat hy begin het by die skool. Ek het skoon vergeet van die rescue remedy wat ek kan gebruik, ek sal dit more oggend onthou

Julle moet 'n lekker dag he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148935 by KarinM
More julle

Wil gou hierdie post, het vanoggend gedink dis baie treffend.

Spring op die palm van die hand van God!”
Hennie Symington
Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam. Ps. 31:10

Hy sal sy engele opdrag gee
om jou te beskerm
waar jy ook al gaan.
Op hulle hande sal hulle jou dra,
sodat jy nie jou voet
teen 'n klip sal stamp nie. Ps 91:11

Gryp God se reddingstou
Wat doen ʼn mens as jy so boomskraap-laag voel dat jy regtig geen uitkoms meer sien nie? Jou eerste instink is om te spartel. Jy hardloop herwaarts en derwaarts opsoek na iemand of iets wat jou probleem kan oplos. Jy probeer weghardloop. Jy probeer leuens, beland in ingewikkelde verhoudings, neem dwase besluite – noem maar op – en alles tot jou eie skade.

In hierdie geskarrel skop jy soveel stof op dat jy nie eens God se hand van redding raaksien nie. Terwyl jy op jou eie vermoëns staat maak, het God rustig vir jou gesit en wag om Hom op sy woord te neem. Hy het met jou ʼn verbond gesluit die dag toe jy gedoop is of toe jy vir die eerste keer bewus geraak het van Sy teenwoordigheid in jou lewe. Daarvoor hoef jy nie ander se woord te neem nie, jy kan op God se Woord vertrou. Hy het belowe: “Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.” (Heb 13:5. Ou vertaling) Is jy bereid om jouself op die palm van God se hand te plaas?

Begin vandag nuut met God.
Dink aan wat jou die naaste aan God laat voel? As daar niks is nie, gaan lees gerus die Psalms een vir een deur. Dit kom uit die hart van ʼn mens soos ek en jy wat deur die lewe gemaal is en enduit op God vertrou het. Tussen die lyne sal jy jouself en God weer vind.

Gebed
Here, u is my laaste hoop. Dankie dat U my lankal op die palm van u Hand bewaar het.
Amen

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago - 15 years 8 months ago #148924 by sexy~hexy
More almal

Sjoe julle het omtrent gesels gistermiddag :)

Hallo Kriek, jammer ek het jou gemis jong!!! Is julle ook nog op die TTC bootjie of het julle 'n breuk gevat?

Hiya Lalie, net gisteraand gewonder hoe dit gaan. Airtime is op so ek kan nie eens loer op FB nie :S

Lyk my almal is bedrywig by die werk. Ek is ook redelik besig, met die dat baas-goed weer terug is, kom ek by als uit behalwe my eie werk!

Hier is die lysie van due dates:

Dassie - 29 Jan (seun)
Marie - 14 Feb (seun - Marinus)
Karin - 7 Mrt (dogter - Kiana)
Driekie - 16 Mrt (seun - Eoin)
Anje - 27 Mrt (dogter - Lianey)
Hlise - 10 April (dogter)
Ansa - 15 April (seun - MJ)
Beertjie - 19 April (dogter - Janka)
Lalie - 12 Augustus
Ankia - ??

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148846 by ella~bella
Lalie, bly dit gaan goed met jou!! Kan nie wag om te hoor na jou scan of dit pienk of blou is nie!

En ek is ook maar nie eintlik in die Kaap nie.... volgende keer as ons oor die grens kom, dan moet ons reel vir koffie of decaf of wat ookal!

Sterkte met die oudit!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148844 by Laliek
Hallooo julle!

Jammer ek was so skaars die afgelope twee dae, ons het training gehad so ek kon net hier en daar in loer en probeer opvang!

Ek gaan maar skaars wees die res van die week ook want more begin ek met 'n forensiese oudit by een van ons kliente - sien GLAD nie uit daarna nie...hulle vermoed bedrog en dit sit groot pressure op ons om dit op te tel - en ek wil net slaap lol. So ek gaan redelik besig wees vir die volgende ruk!!

Verskoon my as ek nou nie alles onthou nie - aarde mense ek kom agter 'n begin 'n preggie brain kry!!!! Ek is soos 'n sif!!

Anje - Dit klink so lekker die nuwe karre. Watse kar is dit? My dh karring ook nou ons moet 'n nuwe kar kry en ek is sooooo lus vir die nuwe Kia Sportage maar nou ja, sal eers kyk hoe lyk geld sake na alles gekry het vir babatjie :P Hoe was Saterdag se meeting gewees?

Ella - ek is so so bly die FS het vir jou sulke goeie nuus gegee!!! Whoohooo - hier kom ons Januarie 2012 babatjie ag dit gaan so great wees! Wens ek het in die Kaap gebly dan kon ek jou vir koffie kry April daaronder want dit sal jou LAASTE keer wees wat jy mag koffie drink vir 'n ruk.... :laugh:

Ankia ek is bly jy voel nog so goed!! Voor jy jou oe uitvee is dit scan tyd whoohoo!

Slakkie - ek onthou so goed hoe ek ook gepanic het toe my ML die spuit tik met sy vinger en daar pop 'n paar druppels uit - arme man was uit getrap lol. Maar Ella is doodreg - jy sal 100% fine wees en baie sterkte met more se IUI!! Ek weet sommer dit gaan goeie nuus wees!

Strikkie - ek kon nou nie lekker onthou nie maar jy is nou amper weer tyd om te toets is dit nie???

Hexy en Cornel - dankie vir daai stukkies wat julle gepost het (Hexy se email en Cornel se dagstuk)! Laat mens sommer beter voel as jy 'n lang dag gehad het!

Jooste - ek hou styf duime vas dat dinge nou vinnig vir jou gaan gebeur ook fxfxfxfxfx. Gaan mal die siklus en bd jou hart uit :silly:

Kriek - sjoe lank laas van jou gehoor!! Hoe gaan dit? En met die "nuwe"wel nou al oue - werk!?

Karin en Marie - ek kan nie glo julle is al so ver nie!!! Dit is soo exciting! Marie daai kamer lyk stunning!

Tienks,Driekster, Klippie, Morgan, Ansa - hoe gaan dit met julle almal?

AFM: Ek kan nou nie meer wag vir ons scan oor twee weke nie!! Ek is einde van hierdie week 11weke, dit voel vir my of elke week 'n milestone is wat mens bereik. Dis wonderlik! Ek hoop rerig die dok kan vir ons "raai"vir die geslag op ons 12 weke scan maar andersins ons het 'n 4D gebook vir 16 Februarie dan is ek so net oor 14 weke (ek dink??). Elk geval die vrou van 4D scans (kan nou nie haar naam onthou nie) het gese sy sal vir ons 'n scan doen juis om geslag uit te vind en sommer net so vir tussen in as 'n lekker bederf voor die volgende scan! Ek kan nie wag nie en hulle pryse is baie redelik eintlik!

Ek sal weer so hier en daar probeer inloer!! Ek moet hierdie week nog begin midwifes ook interview op die foon - weet nie waar ek tyd gaan kry vir dit nie!! Ankia kan jy nie dalk vir my 'n goeie midwife verwys na nie? Ek kan dalk met haar begin dalk en 'n afspraak opstel - jy gaan ook mos Genesis toe!! Dit sal eintlik baie help!!

Ta-ta julle tot later!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #148843 by joo~ste
Ag sorry strikkie. Die telefoon het gelui en toe moes ek eers gou gesels. Vriendin van die Kaap wat ek so lanklaas gesien het!! Dit gaan goed, dankie!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account