× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #149186 by Strik*kie
Awww Ankia, ja mens voel so as hulle hartseer is.
Lol vir die etery, ek moet se ek hou nogal uit met die dieet.

Hi Klipster!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149183 by klippie
Hallo girlies!

Ek loer gou in om te kyk of hier al nuus is van Slakkie!

Hoop dit gaan goed met almal!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149124 by Goggatjies
Hex, dit is baie snaaks

Strik, gaan baie goed dankie.
Ek het agtergekom as my ogies in die oggen oop gaan dan moet ek eet, anders kry ek erg honger pyne.
Maar verder voel ek nog goed.
William se gehuil kry my net onder, so is maar bietjie emosioneel en wil nie eintlik hier by die werk wees nie.
Ek wil eerder my ou seuntjie cuddle, maar ek sal net-nou bel en hoor hoe dit gaan

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149119 by sexy~hexy
:D Ek het letterlik hardop in my kantoor gesit en lag toe ek die stuk gelees het hierbo :D

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149117 by Strik*kie
Jip Ankies sal sien wat gebeur, nog 5 daggies. ;)

Ons is met tye aan die gang dan raak dit weer stil. Hoe voel die preggie fairie?

LOL Hexy dis cute!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149114 by sexy~hexy
HIER IS TIEN MANIERE OM AAN TE DUI OF JY GEREED IS VIR OUERSKAP.

VROUE: Om voor te berei vir swangerskap: Trek 'n kamerjas aan en druk
'n m0erse 'beanbag' voor in. Hou dit daar vir nege maande. Na nege
maande, neem net 10% van die boontjies uit en dra die res van die
gewig vir nog 'n paar jaar.

1. Om voor te berei vir vaderskap: Gaan na die apteek, maak jou
beursie oop by die toonbank en sê vir die assistant om homself te
help. Gaan dan na die supermark en reel om jou salaris direk by hul
hoofkantoor te laat inbetaal.

2. Om uit te vind hoe dit in die nagte sal voel, loop al in die rondte
in die sitkamer vanaf 17:00 tot 22:00, terwyl jy 'n nat sak van
ongeveer 4-5 kilogram dra. Sit die sak tienuur neer en stel jou alarm
vir middernag en gaan slaap. Staan om middernag op en loop weer in die
sitkamer met die sak tot 1:00. Stel die alarm vir 3:00. Omdat jy nie
kan slaap nie, staan om 1:30 op en maak iets om te drink. Gaan slaap
weer om 2:45. Staan op sodra die alarm afgaan om 3:00. Sing liedjies
in die donker tot 4:00 . Stel die alarm vir 5:00. Staan op. Maak
ontbyt. Hou so aan vir vyf jaar.

3. Hol 'n waatlemoen uit en maak 'n gaatjie ongeveer so groot soos 'n
gholfbal in die skil. Hang dit onderstebo aan die plafon sodat die
gaatjie onder is en swaai dit heen-en-weer. Neem nou 'n bakkie
aangemaakte ontbytkos en probeer om die swaaiende waatlemoen te voer.
Hou so aan totdat die helfte van die pap klaar is. Gooi die res uit in
jou skoot. Jy is nou gereed om 'n 12-maande oue baba te voer. Om
gereed te maak vir kleuters, smeer Purity op die bank en konfyt teen
die gordyne. Steek 'n visvinger agter die stereo weg en laat dit daar
vir 'n paar maande.

4. Vergeet van 'n sportmotor en koop liewer 'n Toyota . Koop 'n
sjokoladeroomys en sit dit in die paneelkissie. Druk 'n 5-sent
geldstuk in die cdspeler in. Druk 'n pak sjokoladekoekies fyn op die
agterste sitplekke in. Skuur met 'n hark al langs die sykante van die
motor. Daar's hy, dit is mos hoe 'n gesinsmotor moet lyk!

5. Om klein kindertjies aan te trek is glad nie so eenvoudig en maklik
nie. Koop vir jou 'n lewendige seekat en 'n groot sak. Probeer om die
seekat in die sak te druk sodat nie een van die arms uithang nie. Tyd
hiervoor toegelaat: Die hele oggend.

6. Maak gereed om uit te gaan. Wag buite die toilet vir 'n halfuur.
Gaan uit by die voordeur. Kom weer binne. Gaan weer uit. Kom weer
binne. Gaan weer uit en loop uit tot by die sypaadjie. Loop weer
terug. Loop weer tot by die sypaadjie. Loop dan stadig padlangs vir
vyf minute. Stop en beloer elke sigaretstompie wat jy sien lê, asook
elke stukkie kougom, vuil snesies en dooie insek. Loop weer terug soos
jy gekom het. Skree dat jy omtrent nou meer as genoeg gehad het sodat
jou bure uitkom en jou aanstaar.

Jy is nou gereed om 'n klein kind op 'n uitstappie te neem.

7. Leer al die name van elke karakter vanaf Teletubbies tot Power
Rangers. Sodra jy agterkom dat jy "Postman Pat' in die bad sing,
kwalifiseer jy om 'n ouer te wees.

8. Gaan na die supermark en vat enige bok saam ('n volgroeide bok is
ideaal). As jy vir meer as een kind beplan, moet jy meer as een bok
saamvat. Doen nou jou weeklikse aankope sonder om die bok/bokke onder
jou oë uit te laat gaan.

Betaal vir alles wat die bok/bokke eet of breek.

9. Herhaal alles wat jy sê minstens vyf keer.

10. Voordat jy eindelik voortgaan om kinders te kry, vind 'n paartjie wat reeds kinders het
en trap hulle uit oor die manier waarop hulle hul kinders grootmaak en
dissiplineer, te kort aan geduld en hoe dat hulle hul
kinders toelaat om rond te hardloop. Stel maniere voor
hoe hulle hul kinders se slaapgewoontes kan verbeter,
hoe om hulle te "potty-train" en allerhande maniere
van goeie gedrag. Geniet dit - dit sal die laaste keer
wees dat jy al die antwoorde ken.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #149099 by Cornel
Hexy myne raak ook groter,en dan hier as dit ov tyd is dan is hulle so seer en gevoelig. Maar ek kla nie,want ek het van nature klein borste,so die grote is eintlik nou vir my mooi.....

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account