Ok, ek is op datum.
Hi Jooste, toemaar oor die OV wat jy gemis het en AF wat opgedaag het, soos jy se nou werk julle net harder met die volgende een. Kom ons hoop die FS se dienste word nie benodig nie !!
Strikkie, ek dog Desember is besig by julle, maar klink my dis nou erger, ek hoop jy kry bietjie tyd vir chillax girl.
Ansa, ek vrek oor die materiaal wat jy gekies het. Dit gaan stunning lyk !! Ek sien baie uit na ‘n phodie van jou boepie !!
Hexy, ek hou van die nuwe haarkleur.
Marie, sjoe, klein M is baie naby aan hallo se, is jou doekesak nou gepak en alles in orde ?
Cornel, shame as ek reg verstaan het, is jou skoonouers nou weer terug – Sterkte !!. Hoe voel jy nou, migraine jou nog nie weer gepla nie ? Julle gaan die vakansie so baie geniet. Jammer, ek koop nie Finnesse nie.
Lalie, sien jy het die toets gedoen, whooohooo vir ‘n seuntjie, sal nogal daarvan hou om te sien hoe reg die toetsie is.
Slakkie, whoohooo vir geen pyn op die inspuitings nie. Een eiertjie is al wat dit vat om swanger te word, ons bid hierdie een is die een !!!!!! Positief bly. Jou BFP is naby !!
Drixter, bly om te sien dok se alles is ok. Hoop jy kon toe darem die naweek bietjie rus. Ouch vir die seer skoppe, maar soos jy se ten minste weet jy hy groei mooi. Ek hoop hy draai reg, daar is darem nog tyd.
Klippie, dis great, so wanneer Lianey gebore is en daar roetine is dan doen ons twee die naaldwerk ding, ek dink hier by Junie of so se kant, sal solank ‘n plek begin soek.
Ankia, dis wonderlik as jou baas bly is oor jou swangerskap. Aag shame, dis maar swaar vir hulle om kleuterskool toe te gaan, hoop dit kom gou reg.
G, ek het gehoor van die vreeslike vloede daar in julle omgewing en nogal gewonder of julle ok is. Ek hoop maar De Nys se koors gaan heeltemal weg en dat dit nie erger word nie.
Karin, ek dink daar is paar kindertjies wat huil hulle wil nie skool toe gaan nie, darem help die maatjies. Ek is so bly alles gaan goed met Kiana, hehe vir die knie knoppies wat uitdruk. Ek hoop ook sy hou tot so naby aan jou due date. Sy het ‘n baie goeie gewig !!
Hi Ella, laat weet asb. wat dr se en jammer, weet nie van identiese tweeling nie.
Morgs, oooh lekker, sou graag wou saam kuier, maar het onverwagse gaste gekry, ek mis julle man, hoop ons kan tog weer ‘n kuier iewers in werk met almal saam, voor Lianey gebore word.