More more almal!
Slakkie - Baie geluk met die een eierselletjie!! Mag daardie enetjie die verkose enetjie wees en ons almal sommer gou goeie nuus bring!
Cornel - 'n Oogtoets kos tussen R300 en R400 afhangende van oogarts. Meestal sal dit so R350 wees.
Almal anders is gegroet!
Begin van nuwe skool jaar vandag vir Kaapse skole, hoop almal wat hulle kindertjies skool toe moes vat het dit mee goed gegaan.
Kannie glo my dogtertjie is al in Gr.5 nie....

sjoe-ieee... sy word nou te groot.
My seuntjie wou nie skool toe vanoggend nie, siestog, wil net nog vakansie hou,

. Maar toe hy eers by die skool tussen sy maatjies is toe is hy weer happy.
Het Vrydag gegaan vir my dr. besoek. Alles lyk honky dory, dr. is happy en Kiana le mooi ondertoe met haar ruggie teen myne met die beentjies opgtrek onder my borste.

Geen wonder ek kry sulke snaakse knoppe wat uitdruk onder my bors nie, hehe, is haar kniekoppe!
Sy weeg nou so 1.8/1.9kg en ek sien dr. weer oor 4 weke eers op 11 Februarie @ 15h15.
My keiser datum is nog die 7e Maart ... bietjie onrustig daaroor want my due date is 11 Maart, dit maak my amper full term, hoop sy bly so lank binne anders gaan ek in kraam gaan voor die tyd dalk.