Hallo Dames! Sjoe, ek kry nou eers tyd om te chat - dit gaan nogal lekker rof hier! Ek het alles opgevang, maar kan niks onthou nie, so bittermin personals - sorry!!!
Slakster, ek kom nou aan die gatkant van jou penarie hier aan, jy het seker al reggekom met die spuit, maar jy moes eerder by die apteek gevra het vir die Gonal-F pen, in plaas van die spuit. Die pen is voorafgelaai en het klaar sy naaldjies, so jy kliek dit net met die hoeveelheid wat jy doseer en bob's jou omie. Ek het al met die spuite gespuit, trek net die water in die poeier houer in met die een naald (groot en dik een), ruil die naald met 'n dun een en spuit in. Laat DH dit vir jou doen, baie makliker as self probeer.
Anyway, my stoute goed waarmee ek besig is, is beplanning vir 'n lekker vakansietjie in April! Ver weg! Ek reken so: Die prys van 'n oorsese vakansie en die prys van IVF is dieselfde - dalk kry ons dit reg met die vakansie - dan is dit sommer 2 vliegies met een klap. Ek wil nie te veel se hier nie, maar sal op FB die aap uit die mou laat soos ons nader aan die tyd is!
Julle moet 'n lekker aandjie he! Sweet dreams!