More more dames, ek het so bietjie gesukkel om op te vang, maar hier is dit nou.
Ankia, ek het na presies dieselfde beddegoed gekyk as jy (op tweede foto), maar ek is net te skrikkerig om goed van oorsee af te bestel en ek ken nie iemand wat dit kan maak nie. Ek het besluit sodra baba gebore is, gaan ek ‘n naalwerk kursus loop en my man het gese hy sal vir my ‘n naaldwerk masjien en omkapper kry, dan kan ek self al die mooi goed maak. Maar ek stem saam, dis beautifull !!
Klippie, dit klink heerlik !!!
Ella, ek dink nie jy het te veel kilo’s om te verloor nie, onthou ek het al gesien hoe jy lyk, maar ek is seker jy sal sommer vinnig by jou doelgewig uit kom. Sterkte met van scratch af oefen, dis gagga.
Dassie, wow jy het min dae oor, hoe voel jy ? Hoe gaan dit met jou en baba ?
Lalie, dit suck, hoop jy is gou gesond. Hou van jou attitude, jy en baba voor werk.
G, sjoe die kinders word te vinnig groot en congrats met die besluit om two oceans te doen en sterkte met die oefening.
Cornel, ek is bly jy voel beter, migraine sucks, het dit darem nog net een keer in my lewe gehad.