× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #146153 by G Baby
Goeie more almal! Wil net baie baie geluk vir jou kom s? Ankia,so bly vir jou. Mag jy 'n gesonde en lekker swangerskap h?.
Slakkie dink ook aan jou,hoop saam jou dat die inspuitings die ding sal doen,sterkte!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146142 by KarinM
More dames!

Ankia!!! :woohoo: Dis sulke great nuus wat my vanoggend begroet!! Sjoe, baie baie geluk jong! Mag dit 'n wonderlike, gesonde en gelukkige swangerskap wees vir beide jou en manlief. :)

Het nie alles opgevang nie, want ek het werk om in te haal. Het gister die dag af gevat, my seuntjie het gister verjaar, 4 jaar oud. Ons het hom Plettenberg baai toe gevat na Monkeyland toe, hy wou al so lank graag gaan. Het dit baie geniet, was defnitief 'n ondervinding wat ons nie gou sal vergeet nie!
Daardie apies is flippen slinks en slim en fearless! Ons het vir ons burgers bestel daar en buite gesit sodat die kinders die apies kan dophou wat so mak daar rond baljaar en vir die mense kyk. Toe kom daar 'n klompie en sabotage ons en steel my en manlief se kos van ons borde af! :lol: Dit was ongelooflik, die klein boggertjies.... My burger was darm al halfpad, maar manlief was op die foon toe het hy nog nie eens ge-eet aan syne nie. En daar sit Kees se niggie (ja, 'n wyfie met kleintjie of die rug) hoog en droog op 'n tak en smul aan manlief se burger patty. Haha. Was vies gewees want dis duur en die restaurant aanvaar nie verantwoordelikheid nie, maar dit was ook snaak gewees.
So wees gewaarsku - as jul ooit na so plek gaan, MOENIE buite eet nie... :laugh:

Verder gaan dit goed met my en Kiana. Die warm weer het darm gebreek en dis meer draaglik, voete nie so geswel meer nie en ek voel ook gemakliker.
Kinders is nog by die huis, skool begin eers Maandag. Manlief ook nog op verlof (lucky fish) en ek sit maar en werk.

Hoop julle het 'n lieflike daggie! Moet nou eers weer my werk inhaal.

lb1f.lilypie.com/TikiPic.php/0w8WPCH.jpg[/img] [/url]

File Attachment:

11 Year old Daugther - Arina
4 Year old Son - Reuben
Baby Girl - Kiana

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146120 by Slakkie
Ag dankie julle almal dit laat my beter voel! Jeez ek sal spuit en kom rapporteer want ek het nou al seker 100 keer na daai goed gaan sit en kyk en instructions lees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146104 by Ansa_S
More almal, Ankia weereens geluk!

Slakkie ek weet dis moeilik om positief te bly maar moenie jou nou al oor als bekommer nie, dis soos ella se vat elke hekkie soos dit kom!

Hexy ek sal laat hubby vanaand 'n belly pic neem. Babakamer is nog glad nie begin nie, wag nog vir die kot en kassie wat gemaak word en dan sal ons as ek weer ginekoloog toe gaan materiaal gaan soek vir die duvet en gordyne.

Cornel pas jouself mooi op!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Alle eer aan ons Skepper!
BFP: 19 Aug 2010; Telling 754 op 4 weke! Op 5 weke 6024
File Attachment:

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146102 by sexy~hexy
Cornel, dit klink soos migraine.

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146094 by Cornel
Goeie more almal!

Ek dink ek het so ligte malaria onderlede........my kop wou gisteraand ontplof!!!!!!!!!! Tot even die pappegaai se gesels het my kopseer gegee........

Ek groet net gou. Ek gaan maar nog vandag wegbly van die rekenaar.....die lig is bietjie skerp vir die oe....al het ek my bril op!

Lekker dag vir julle!

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146085 by ella~bella
Hallo julle!

Ek het nog nie kans gekry om op te vang nie, MAAR ek het darem gesien Ankia is swanger!

Ankia, BAIE BAIE geluk met jou BFP! Dis amazing nuus. Hoe lekker is dit as jy wil begin ttc en dan het dit klaar gebeur! Stuur vir ons daai resep asb!

Slakkie, dis maar 'n taamlike emosionele ding waar deur jy gaan. Onthou net, jy wil graag swanger raak, nou kry jy die hulp, so ja dit gaan werk. Dis snaaks hoe 'n mens se kop mind games speel. Moenie nou al worry oor of dit gaan werk of nie. Geniet (as ek dit so kan stel!) die eerste tyd met die sonars en wat ookal. My FS se mos elke keer kom ons by 'n hekkie. Fokus dus op jou eerste hekkie ens.

Oor die spuit, ek het Menupor gespuit, maar hulle werk almal dieselfde. Jy breek die koppie van die water af, trek dit op, en spuit dit in die poeier. As jy meer as een poeier moet gebruik, dan trek jy die gemengde goed uit die eerste poeier, en in die tweede poeier. So jy gebruik net 1 water en dan hoeveel poeiers jy moet gebruik. En moenie worry nie, dis nie so bad nie. Hoop dit help!

FS: Dr Siebert @ Aevitas Clinic

Oct10 - IVF#1 - BFN
Dec10 - IVF#2 - BFN
Apr11 - FET#1 - BFN

POA - IVF#3 - Jun11

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account