× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 8 months ago #146075 by Strik*kie
Hi almal

Slakkie, ek hou alles styf vas dat die IUI werk!!!!! FXFXFXFXFXFXFXFXFXFX

Hallo Lalie, Hexy, en almal wat nog moet inlog!!

Ankia, hoe voel jy vandag? ;)

Dis malhuis by my so ek werk my alie af!

Lekker daggie!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146074 by Laliek
O en Slakster, Gonal F meng net soos Menopur wat ek gebruik het. Jy trek die water met die dik naald uit, spuit dit in die poeier in, moenie dit skud of iets nie want dit meng vanself, jy kan dit bietjie roer sommer met die naald. Jy trek weer die mengsel uit met die dik naald, maak seker alle lug bubbles is uit en jy sit die dun naald in en Bob's your uncle!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146073 by Goggatjies
Goeie More

Voel nog onwerklik van more, maar dit het al meer ingesak.
Het vanoggend my een baas vertel, sy is baie opgewonde. Die ander baas kom Maandag terug, so dan sal ek hom vertel.

Slakkie, moet asseblief nie negatief wees nie. Dink hoe die medisyne werk in jou ligaam, sien dit in jou geestes oog gebeur. Jy moet postief dink.

Sexy, ek is nog ver weg van foto's, het maar klaar 'n maag so kan nie lekker sien ek is swanger tot eers baie later nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146069 by Laliek
More almal!

Slakkie, jou gewone multi vits sal niks inmeng met die medikasie nie! En jy sal nie nou al eierstok pyne voel nie, onthou die medikasie begin nou eers werk so 'n dag of twee voor jy gaan vir jou scan dan is dit wanneer jy gaan pyne voel en voel iets is aan die gebeur!! En ek is positief vir jou - jou IUI sal suksesvol wees fxfxfxfxf

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146055 by Slakkie
More almal!

Ankia weereens geluk WOW!

Ek kan nie help om aan te hou dink dat hierdie IUI nie gaan werk nie julle moet my maar help en bietjie moed inpraat. Lalie weet jy of ek nog my vitamienes kan drink saam met die medikasie? Ek het ook een helse hoofpyn maar ek dink dis van die fertomid. Dan wie het al Gonal F gespuit? Ek is bang ek meng die water en die poeier verkeerd en is bang ek spuit dit nie reg in nie. Ek hoop so my eiertjies groei mooi want ek voel net mooi niks eierstok pyne of iets nie het net 'n hoofpyn maar dan dink ek aan die ander kant kry ek gereeld hoofpyn so dalk is dit nie eers die fertomid nie dalk werk die medikasie nie eers nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146040 by marie r
Hallo Julle.

Eerstens wil ek weer vir Ankia baie geluk sê met haar BFP. Toe ek gister jou nuus kry was ek in die gynie se wagkamer en ek het sommer dadelik trane in my oë begin kry. Mag jy 'n wonderlike en gesonde 8 maande nog hê.

Alles gaan goed met my en Marinus. Gynie is tevrede. Vrugwater is ook reg nou weer. Marinus weeg al 2.5kg, dr skat hy gaan so 3.5kg weeg by geboorte. Sal maar wag en sien. Hy lê darem met sy koppie ondertoe, so ek's nog 100% on track om normaal te kraam. Kan nie meer vir julle foto's opsit van die scan nie, want 'n mens kan niks meer eintlik sien nie, sy spasie is so beperk nou daar binne.

Ek het darem gisteraand Marinus se tassie gepak, nou's dit nog net myne. En ek het nog so 'n paar goedjies in sy kamer gedoen. Kan nie wag tot die naweek toe nie, my pa hulle kom verf dan die kot en dan kan ek alles 100% regkry in sy kamer.

Sexy ek weet nie meer so mooi oor die belly pic nie, ek voel so huge vir myself. Het AF al haar opwagting gemaak?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 8 months ago #146020 by sexy~hexy
More almal :)

Hoop julle het 'n lekker aandjie gehad. Ons s'n was rustig, ek moes nou vir 'n oomblik seker maak dit is Woensdag vandag, voel soos Dinsdag LOL

Wanneer kry ons weer belly fotos en bietjie nursery pics???

Het iemand dalk Dassie se nr? Ek wonder of sy dalk bietjie afslag gekry het, haar tyd is 29 Januarie.

Hier is die due date list:

Dassie - 29 Jan (seun)
Marie - 14 Feb (seun - Marinus)
Karin - 7 Mrt (dogter - Kiana)
Driekie - 16 Mrt (seun - Eoin)
Anje - 27 Mrt (dogter - Lianey)
Beertjie - 19 April (dogter - Janka)
Ansa - 15 April (seun - MJ)
Hlise - 10 April (dogter)

Nuwe BFP's:

LalieK
Ankia

Lekker daggie vir almal :)

File Attachment:


File Attachment:


Logan & Tristan Mulder
Born and went to heaven on 15 September 2010
FLY HIGH ANGEL BABIES...

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account