Laliek - skies - ek moet nou giggel
Toe ek by linksfield geboorte gegee het, het ons in Krugersdorp gebly en dit het op 'n stil dag ons so 1 uur gevat om daar te kom, maar ons het nie snelweg gery nie. En jy hoef nie bekommerd te wees nie, baba kom nie binne 10 min nie, jy sal dit maak.
Die beste om na genesis toe te ry is deur Linden (Daai hoof straat aan die agterkant verby cresta en dan verby die laerskool en dan tot daar onder in die groot straat nadat jy verby al die baie sirkels is), dan vat jy so sy straat en ry verby jan Cilliers privaat skool en dan ry jy verby zoo lake, glad nie verkeer nie. Dan is jy daar by die Dieretuin en dan is Genesis net daar, baie maklik. En selfs as die paaie besig is gaan dit julle nie meer as 'n half uuur vat nie, op die meeste 45 min.
Moenie stress om betyds daar te wees nie. Jy kan altyd soontoe gaan as jy bekommerd is, en hulle kan net op jou check en jou dan net weer huistoe stuur. Maar met meeste geboortes kan dit tot 12 ure vat voor baba gebore word, en ek se meeste want dit kan anders wees.