Goeie More
Ek hoop almal het 'n lekker oggend gehad
So ek het gedog gister gaan CD 1 wees, maar dit was nie. En ek is gewoonlik op tyd. Vanoggend het nog niks gebeur nie, so toe dink ek twee keer.
Laat ek by die begin, begin. Soos julle almal weet het ons ‘n breek gevat en nie ge-TTC van Aug 2010 af nie. Wel ons was elke maand versigtig ek het getel net om seker te maak dat ons nie swanger raak nie. Wel Desemeber was anders, CD 1 was op die 15de Dec ons BD op dag 7 en 8 dan weet ek dat ons sal veilig wees want ek o gewoonlik op dag 12. Maar daar gebeur ‘n glips BD sessie op dag 13 – en ek se nog ons het nie iets nie, en manlief se ons hoef nie te worry nie, hy het lui sperm, so dit gaan nie werk nie. So julle weet wat toe gebeur.
Op 11dpo toe raak ek baie emosioneel en huil oordat William nie genoeg ge-eet het nie. Ek dink toe dit is nie soos ek is nie, en toets daai aand, maar ek is seker ek verbeel my ‘n 2de strepie. Ek toets weer op 12 Dpo in die oggend, maar weer is daar net ‘n strepie wat ek kan sien – hehe (O ja, Vrydag huil ek snot en trane oordat William so baie glupsies het met die potty training)
Saterdag toe gaan koop ek nog 2 hpt en 1 digital een. Toets weer Sondag oggend, maar daar is niks ek gooi die ding toe weg. Gaan soek hom nie eers om weer te check nie. Af moet maandag begin, en gewoonlik spot ek so halwe dag voordat die antie behoorlik opdaag. Maar daar is niks.
Ek toets weer gister aand (Maandag aand), maar ek sien nie ‘n tweede strepie nie. Bere toe die toets in my kas. Word in die nag wakker en drink ‘n nurofen (het een merske hoofpyn) en gaan net badkamer toe om seker te maak niks het begin nie. Vanoggend opgestaan, net om weer te sien af het nog nie opgedaag nie. Ek gaan ruk toe gister se toets daar uit my kas, en sien toe daar sit ‘n tweede strepie. Ek ruk toe die R70 digital hpt toets uit en drink water, maar ek wag en wag, uiteindelik kon ek pee, en nou moet ek wag vir die digital om te se ek is nie swanger nie, maar tot my skok se hy ek is swanger en dan wag jy vir die weke en dit se 1 -2 weke (Die digital werk van conception af), dit maak my 3 – 4 weke swanger.
So dit is my storie, na baie hartseer en baie toetse is ek swanger, sonder enige opk’s, sonder enige o pyne en sonder enige EWCM (daar was niks, en gewoonlik het ek baie)
So as ek reg uit werk is my due datum omtrent 19 Sep.
Ek gaan nou my ticker verander
EK IS IN DIE 7de hemel
Foto
Die boonste twee is van 11dpo en 12 dpo, ek kon 'n 2 de strepie sien, maar lyk my dit het nie so mooi uitgekom nie
Dan die pink hpt is van gister 14dpo
en die digital is van vanoggend 15dpo