More more dames, ek is gou terug vir ‘n rukkie.
Hi Morgs, ai jammer oor jou vriendin, dis baie erg. Kan my nie in dink in daardie situasie nie. Hehe, toe vang jy jou MIL lekker uit – nou kan sy nie meer kla oor jou huis nie. Ag cute man, kan nie glo Carli is so groot nie, sy word net mooier by die dag.
Aaah Lalie, dis nog so klein, ek is regtig bly alles gaan goed met jou en baba.
Tienks, sterkte met die waterkar, ek sukkel ook nou na die vakansie om terug op die waterkar te klim. Jou niere sit op die lae rug links en regs so in jou sye amper, maar ek het met nierpyp ontsteking pyn voor en agter in my sye gekry, so voor en agter die heup been.
Hi G, welkom terug, bly julle het die vakansie geniet. Kan nie glo De Nys is al so groot nie en hy het die mooiste blou oë.
Lalie, wat swangerskap en oefen aanbetref, ek het gewag tot 14 weke, twee keer gegaan en opgehou, so sterkte daarmee. ‘n Vroutjie wat by die gym werk het vir my uitgewerk hoe vining my hartklop mag wees en sy het voorgestel dat ek liewer Aqua tipe goed doen, want in water is jy gewigloos en dis minder stres op baba. Met die dreigende miskraam wat ek gehad het, was ek te bang om enige iets te doen.
Ai jammer Strik, maar ek stem 100 % saam Ankia. Sterkte !!
Slakkie, whooohoooooo !!!! Dis nou uitstekende nuus !!!! Gaan julle dit by dieselfde dr as die laaste keer doen. Man my hart is so bly vir jou, ek hou groot duim vas en bid vir ‘n groot wonderwerk !!