Hi Hopeful
Dit het nog nie eintlik lekker ingesink nie, ek het gister bietjie rondgebel vir gynae's... ek besluit toe ek gaan Blommie se gynae bel, hulle se toe sommer ek moet gister inkom. Ek het gebid oor die tyd om dokter toe te gaan, dat dit die regte dag sal wees. Ek dink regtig die Here wou ons gerus stel met die swangerskap en dis hoekom ons so gou 'n kansellasie afspraak kon kry.
Dokter het 'n sonar gedoen.. en met die uitslae en goed toe se hy dadelik, ons kan nie op my siklus werk nie.. ek is definief nou eers omtrent 4 weke.
Met die sonar kon hy mooi sien ek het aan die regterkant geovuleer, die corpus luteum wat die progestoroon afskei is mooi daar en my baarmoederwand is lekker dik.
Net 'n bietjie geskiedenis.. dit was nog altyd my grootste flaw.. my wand wou nie dik nie en ek het nie genoeg progestoroon nie. Met die eerste swangerskap het hulle my tot op progestoroon pille gesit.
Dok het nog bloods gedoen, my telling het bietjie meer as verdubbel en my progestoroon telling is 102 - wat dokter se is baie goed.
EK is so dankbaar... ek weet nie hoe om op te hou dankie se nie. Kyk God is definitief 'n detail God met hierdie dinge. Alles is perfek
So ek sien hom die 27ste Augustus vir die 'eerste' sonar
Hopeful - ek hoop regtig sy kom terug na julle toe.