× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 1 month ago #227773 by joo~ste
Zarah
En ...dit is presies wat dit is. 'n Idiotiese vraag van iemand wat nie weet hoe dit voel om maand na maand teleurgestel te word nie. Probeer om nie jou daaraan te steur nie. Sommige dae kon ek dit beter as ander hanteer - maar oor die algemeen was dit van die crappy-ste dae in my week as iemand my weer erens onder kruis verhoor geneem het oor waarom daar nie 'n baba is nie! Sterkte! Ek dink aan jou!

Strikkie
Met elke dag wat verby gaan kom jou afspraak by die FS nader en nader...en so ook jou BFP!! Ek glo dit vas!

Hopeful
Dalk is dit net presies wat moet gebeur (die babakamer moet kant en klaar) en dan daag babsie op!

AFM
Nie veel nuus nie. Het gisteraand 'n lange lange LAAAANGE funksie bygewoon en was vir meer as 2 ure op my voete gewees. Was so moeg toe ek by die huis aankom en toe ek rustig raak om te gaan slaap - was ek so effens kramperig. Het my dood geskrik! Gelukkig het ek vinnig aan die slaap geraak en toe soos 'n klip geslaap en voel vanmore net ...moeg. Darem nie kramperig nie. Dink die lank staan was nie goeie idee nie.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227767 by Zarah
More

Hi Strikkie! lekker om van jou te hoor! Ja jong, ek dink nou die dag aan die thread se naam "Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?"
Wel, as mens so kyk, is die antwoord beslis JA! Ek hoop ons kan ook gou gou almal join.

Die werkswinkel se website is www.seekingmotherhood.com
Klein groepie an so 6/7 dames. Ek sal maandag kom vertel

AFM: Ek sukkel op die oomblik met my gemoed. Ek wil huil, dan is ek aggresief... As 1 idioot nog n comment of vraag vra soos "wanneer maak julle plan?" Gaan ek nie verantwoordelik wees vir my dade nie!!!

Lekker dag almal

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227764 by Strik*kie
Hi julle

Hoop dit gaan goed met julle almal??

Klink my hier is nou so baie bfp's, :lol: ons ttc groepie raak al weg.

Ruby, laat weet hoe dit gegaan het.

Hopeful: ek moes lag toe ek jou post lees, " van die poepfoto" hahahaha.
Ek hoop jy hoor sommer gou van die nuwe babatjie.

Jooste, bly dit gaan nog goed met jou en babie.

Hallo al die ander: Blommie, sterkte vir vandag. Zarah: hi jy, sterkte met die werkswinkel, vertel bietjie meer.

Verder: geeeeen nuus!! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227756 by Hopeful
More Almal,

Jooste, ja dit is lekker om die kamer te doen maar dit vang my bietjie dat daar n baba kamer is en ek het geen idiee waneer daar n babtjie gaan wees nie ek dink dis hoekom ek so sloer om dit klaar te maak. Maar dit moet nou net klaar.

Blommie ek dink vandag aan jou en glo alles sal goed gaan.

Ruby, ja jy moet kom post na die scan ons will pics sien

AFM: Nie veel nuus nie werk werk werk :)

Hoop almal het n lekker dag

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago - 14 years 1 month ago #227731 by joo~ste
Hopeful
Jy en jou man is sekerlik opgewonde oor die vooruitsig van die baba, terwyl julle so aan die babakamer werk? Dit moet lekker wees! Jy moet foto kom post as julle die kot klaar het en die compactum gekoop het. Geniet die langnwk!

Moet seker 'n aanpassing wees vir jou sus om weer terug te wees in Nam na die Kaap?!

Ruby
OOOEEE!!! Eerste scan! Jy gaan dit so baie geniet. Jy moet dadelik kom vertel en 'n foto'tjie post. Watter simptome het jy al?

Snoeks
Wraggies....klein boepie...maar hy's daar! Mens kan darem net sommer sien dit is nie 'n vetrolletjie of 'n bietjie spastiese kolon nie. 'n Swanger magie lyk net anders. Ek is doodseker jy gaan binne die volgende 3 - 4 weke skielik uitpop! Dalk nog oor jou vakansie en dan kan jy lekker maternity klere koop. Enige snaakse simptome?

Zarah
Jy het mos nou al jou eerste AF gehad na die operasie? Hoe was dit? Vertel bietjie van die werkswinkel? Is dit 'n privaat persoon wat dit aanbied of 'n groot "do" wat baie mense kan bywoon?

Blommie
Baie sterkte vir jou op. Ek hou styf duimvas dat alles goed afloop en dat jy vinnig herstel. Vasbyt!!

AFM
Nie veel nuus die kant nie. Ek is besonder besig by die werk. Is nogals moeg in die laat middae, maar is nie in besonder naar nie. So bietjie icky rondom etes, want niks proe besonder lekker nie en na die tyd voel ek so vol soos 'n os! My boobs is verseker groter, maar my maag darem nog aan die plat kant (as ek die vetrol ignoreer!).

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227709 by Hopeful
Hi Blommie, Ek sal baie dink aan jou more en met die besige week wat voor le as jy beter voel kom post tog en laat weet ons jy is okay.

Zarah, geniet die work shop hierdie TTC is nie vir sussies nie en hoe elkeen van ons dar duur kom is n groot personal journey. Ek hoop regtig dat die workshop help.

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:
The following user(s) said Thank You: Zarah

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227705 by Zarah
Hi almal

Ek moes net kom inpop en groet.

Snoekie! Jou boep is too cute!
Ruby, ek is seker jy kannie wag vir jou scan nie. Jy moet asb kom post. Ek check af en toe op.
Jooste, Zettie, Nads! Mis julle! Geniet die swangerskappe!
Blommie, ek dink aan jou met die Lap. Laat weet maar as daar enige iets is waarmee ek kan help. Ek is nou n maand post-op en dit gaan goed.
Hopeful, dankie dat jy so n omgee mens is. Geniet die lang naweek en moenie te veel werk nie.

AFM, ag niks veel nie. Ek gaan die naweek na n werkswinkel wat help met hoe om te deal met infertility en fertility issues. Ek dink dis n goeie ding op die oomblik want ek is op n emotional rollercoaster en ek wil nie he die monster van infertility moet my of my huwelik onder kry nie.
Mooi bly almal :heart: :heart: :heart:

Me: 41 (Endometriosis stage 4 & Fibroids)
DH: 36

TTC since Nov 2011

Laps: Aug 2011, July 2012, Jan 2013 & Feb 2017
Myomectomy: May 2018
Lots of timed cycles with clomid & progesterone = BFN
IUI 1: May 2013 = BFN
IUI 2: June 2013 = BFN
IVF 1: Aug 2013 (Clomid, Menopur 4ER & 3ET) = BFN
IVF 2: Feb 2014 (Clomid, Menopur 3ER & Nothing to transfer) = Cancelled Cycle
IVF 3: May 2014 (GonalF, Menopur 1ER & 1 very slow divider ET) = BFN
IVF 4: September 2014 = BFN
IVF 5: October 2015 = BFN

THE END..not yet

IVF 6: October 2018 = BFP (2 miracles on board) Our boys were born sleeping at 21 weeks.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account