× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

14 years 1 month ago #227606 by zettie
Hallo julle almal hoop julle het almal n fantasmagoriese daggie.

Jooste ek ook nie regtig enige tekens nie was so 2 -3 dae bietjie naar en paar dae moeg maar verder niks nie.

Ek kan ook nie wag om my bondeltjie liefde tekan voel beweeg nie ek dink dit moet die wonderlikste gevoel wees.

As ek nie weer gesels vandag nie moet julle almal `n wonderlike naweek hê.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 1 month ago #227585 by joo~ste
Snoekie
Ek wonder of ek nie 'n bietjie soos jy gaan wees nie. Met die min simptome nie. Ek voel af en dan effe icky en is dan nie lus vir eet nie. Verder is daar sekere goed (soms selfs water) wat vir my vreemd proe en dan is ek effe hardlywig. Moet ook darem se ek was die laaste dag of wat heelwat meer moeg en emosioneel af as gewoonlik. Verder....niks. Ek voel glad nie swanger nie. Dit bly vir my onwerklik en ongelooflik dat daar 'n kleine ou babatjie hier binne groei.

Ons is sooooo dankbaar!!!!!!!!!!!

Jy moet kom foto opsit van jou boepie....en jou quilt wat jy maak. Ek dink nogals ek sal ook hou van so iets doen. Ek is net 'n bietjie dom wat 'n naald en gare aanbetref! :(

Het jy al jou baba'tjie begin voel beweeg? Dit moet sekerlik die ongelooflikste gevoel wees!?

Hallo...aan al die ander! Hoop julle DOnderdag is heerlik. Dit is amper naweek!!!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227551 by Snoekie
Hallo Dames,

Zettie,
Daai scan fotos lyk pragtig. Jippee vir 'n seuntjie. :rock:

Jooste,
Mis jou update alweer!

Hopeful,
Hoop julle raak sommer dadelik verlief op die plekkie waarna julle vannaand gaan kyk.
En ek hoop ook daai Maatskaplike werkster kom sommer vinnig terug na jou toe met wonderlike nuus!

Blommie,
Sterkte met die Lap volgende week. Ek is so bly julle kon dit sort sonder probleme!

Ruby,
Wat het julle gedink vir baba kamer tema?
Op die oomblik leun ek baie sterk na die Tatty Teddy tema, aangesien ons nie weet of dit seuntjie of dogtertjie is nie. Ek dink daai tema sal vir alby werk.
Maar ek moet se, ek het nog NIKS gekoop nie!

AFM,
Ek is vandag 18 weke. En ek voel nogsteeds nie swanger nie. Ek wys nog gladnie! Al wat groeter word is my (.)(.)
En ek is heeltyd moeg. maar verder voel ek wondelik. Ek moet se ek is ook bietjie meer emosioneel, huilerig. Die geringste goed het my in trane.
Ons gaan die einde van die maand met vakansie. Ek sien sooo baie daarna uit om net te rus. Ons gaan vir een week see toe saam met my familie en dan gaan ons vir 'n week by my skoonfamilie gaan kuier. Dit gaan ook die eerste keer wees wat ons my broer-hulle se baba dogterjie gaan sien. Hulle woon mos in Kanada.
Ek is op die oomblik besig om vir haar 'n quilt te maak.
Sal vir julle foto kom post wanneer hy klaar is.

Hoop almal het 'n stunning daggie verder.

Me: 30
DH: 32
TTC: Since August 2010
Sept '11 50mg Fertomid: 1 Follicle BFN
Oct '11 50mg Fertomid: No follicles
Nov '11 100mg Fertomid: No Follicles
Dec '11 150mg Fertomid: No Follicles 46 day cycle
Feb '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
March '12 Femara and Glucophage: OV'ed BFN
April '12 Femara and Glucophage: BFP!!!!
21 Jan 2013 Birth of my little girl, Anja.

Jan 2014: Informaly starting to try for nr 2. No Medication... Just enjoying the journey for now.

File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227549 by joo~ste
Hallo julle!!!
DIT is
FANTASTIES
om te kom post en 'n BFP te sien!

GELUK RUBY!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!


Dit is darem wonderlike nuus. Ek is so bly vir jou! :laugh:

Hopeful:
STerkte met jou huiskyk vanaand. Ek hoop dit is 'n goeie venture en dat jy hou van wat jy sien.

Zettie:
'n Seuntjie! Hoe dierbaar! Dit is so ongelooflik om op 12 weke te sien hoe daardie hele ou babatjie lyk! Het die knapie baie beweeg?

Blommie:
Ek is bly jy kon die bal aan die rol kry vir jou LAP. Dit sal een van die beste dinge wees wat jy kan doen.

AFM:
Was Maandag by die FS en alles lyk baie mooi. Die plasenta lyk goed aan die ontwikkel te wees en die baba'tjie is al weer 4 mm langer as tydens die vorige scan verlede week. Die hartjie klop dat dit bars en ek en DH staan nogsteeds verstom dat ons regtig in Maart gaan ouers word!! Dit voel en bly net vir ons so onwerklik!!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227543 by Hopeful
Zettie, Ja dit is pragtig so opgewonde vir julle.

ruby hoe gaan dit met jou?

Blommie ek is baie bly julle kon die magtegin kry en ek hoop dat die lap nou die laaste stappie is in julle TTC Journey en dat jy sommer gou na dit jou BFP sal kry.

Jooste ons mis jou kannie wag tot jy weer kan post nie

AFM:Ons gaan kyk n plekkie te koop venaand so ek hoop dit loop op iets uit maar dis seker te optemistied om te dink ons sal sou gou iets kry te koop maar nou ja FX

Me: 26
DH: 30 ( Low SA )
TTC #1 since March 2010

IVF ( ICSI ) #1 23 May - 6 Follies
29 May - ER 6 eggies, 4 good size 1 small and 1 premature
30 May - 5 fertilized
03 June - Day 5 Transfer 2 x Blast ( 1 Grade 5 and one Grade 4 )
13 June - Beta Test 116 BFP!!!!!!
First Scan - 1st of July @ 6w3d Only one but we are very excited for our little Broodjie!!!!!
Second Scan - 8th of August @ 11w6d Got the shock of our lives to see not one but two little healthy babies in there!!!!!!!


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227538 by CheriseF
Ag dis pragtig Zettie :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

14 years 2 months ago #227537 by zettie
Hallo julle almal shoe die scan was wonderlik.






Dit was so nice my kans vir Downs sindroom baie klein 1 uit 13000.

Dokter sê volgens haar is dit `n seuntjie is vreeslik opgewonde.

Me: 31. PCOS. DH: 35.

13/10/2014 BETA 19
15/10/2014 BETA 69
23/10/2014 BETA 4048

EDD 22 JUNE

File Attachment:
Make a pregnancy ticker
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account