Hallo Dames,
Zarah,
Jy moet die werkswinkel geniet. En ek hoop jy vind vrede en rustigheid vir jouself. Die pad kan bitter moeilik en lank raak... Dink so baie aan jou! Sterkte met idiotiese comments. ek dink ons almal suffer soms onder ander mense se onkunde, ek het baie keer net ombeskof geraak en gese dit het F#$@#$kol met jou uit te waai en dan het ek na die tyd in die badkamer gaan staan en grens... ((((Drukkie)))) vir jou!
Jooste,
Ek was net so moeg aan die begin van my swangerskap. Ek het in die kar gaan slaap oor middagete. Sou dit nie andersens gemaak het nie. Ek is nou nog teen 7 uur reg om in my bed te spring en te slaap! Jy moet dit maar rustig vat, veral nou aan die begin. As jy voel dinge raak te veel... Gaan rus bietjie! Jou liggaam gaan nog lekker moeg raak! Ek het ook aan die begin krampe gehad, wat my lam laat skrik het... kry nou nog sulke steek pyne as my dag te lank raak. dan gaan le ek maar so bietjie, dit help baie!
Ruby,
Jy moet jou eerste scan sommer baie geniet, dit is werklik iets spesiaal!
En kom update sodra jy kans kry!
Hopeful,
Sterkte met die baba kamer klaar maak, ek weet jy gaan dit geniet, al maak dit bietjie seer dat baba'tjie nognie daar is nie, weet net dat dit is nog een stap nader aan ouerskap vir julle!
Strikkie,
Baie dankie vir die inpop! Dit is altyd lekker om van jou te hoor!
Ek het net so lekker gelag vir Hopeful se poepfoto comment. tikfoute kan mens se dag soms lekker op kikker!
Blommie,
Vrou ek hoop jy voel sommer gou weer beter na jou Lap. En ek bid saam dat dit nou jou pad na 'n einde toe sal bring met jou BFP wat om die draai is!!!
AFM,
Nie veel nuus nie, behalwe dat ek die heel oggend gesit en tjank het. Ek is al van gister af sooo Nostalgies. Ek verlang na mense wat lankal by Jesus is. En mense wat so ver van my af is. Arme DH weet nie wat om met my te maak nie!
Hoop almal het 'n wonderlike daggie verder!