Skuus julle maar ek moet nou eers ontplof!!
My oc dryf my tot drank. Sy wou verlede Vrydag huis toe gaan en die vervoer is min, sy bly in Mpumalanga. ek vat toe spesiaal verlof vir Vrydag sodat sy kon huis toe met die ooreenkoms sy moet Dinsdag werk. Gisteroggend 6uur sms sy my, sy sukkel met vervoer en kom toe nou eers 11uur gisteroggend by die huis aan. Ek het met my suster gereel om Shayne te vat vir die dag want my man cope glad nie met hom nie.
Nou bel my man, ek moet my suster vra om Shayne weer te vat more want die oc wil huis toe gaan haar kind verjaar en hulle hou party. Ek vra toe wanneer kom sy dan terug, hy se Maandag. Ek se toe vir hom hallooooooo dis Woensdag vandag wie gaan dan Vrydag na Shayne kyk??
Bottom line is, haar kind het op Kersdag verjaar, hoekom het hulle nie die langnaweek party gehou nie???? Dit klink dalk biekie wreed, maar hel sy kan Vrydag huis toe gaan as hulle Saterdag party hou. Sy was klaar laat Dinsdag, dit beteken sy gaan Maandag ook laat wees. As sy 'n goeie werker was sou ek plan gemaak het, maar sy is lui, werk half en irriteer die gat uit my uit.
Sy het 'n nuwe boyfriend en wil seker gaan party, de hel daarmee, ek betaal haar om te werk nie rond te loop soos sy wil nie!!