× A category for all women trying to conceive. Share your TTC experiences and discuss fertility issues here.

file Re:Enige iemand sukses met vrugbaarheidspille?

15 years 10 months ago #142679 by Tienka
Ankies, ek hou styf duime vas dat jy vroeg kan loop Vrydag!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142678 by Goggatjies
As ek Vrydag vroeg kan loop (Groot as) dan wil on Bronkhorstspruit toe ry na my ma-hulle toe, hulle kamp daar, maar as ek moet werk tot 16:30 dan bly ons by die huis en wees net rustig

Dan sal ons op die 1 ste na my ma-hulle toe ry

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142668 by Strik*kie
Hey Liz, ek hoop julle gevoelentes is reg ;) Het die tyd omgewens tot vandag en nou moet ek weer wag :lol:

Hlise, dit gaan goed jong, jy moet maar die tydjie gebruik om lekker te rus, se dh moet jou bietjie bederf. :)

Ons sal seker die 31e weer so 13h00 toemaak, almal wil mos maar gaan regmaak vir die groot partiekie, ek ook nie lus nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142666 by Liz
Hi Hlise!
Baie geluk met jul 2de prinsessie wat oppad is! Yay vir team pienk! Sjoe, jul kids het pragtige name. Ons hou ook maar van die Afrikaanse tipe naampies, het al 'n hele rits name vir die 1000 kinders wat nog gebore moet word, hehehehe!

Ai tog, hoekom moet mens so sukkel moet die oc's? Ek het ook nie een nie, sal seker maar een kry as die kinders begin kom, sal maar sien. Maar ai, my moed sak sommer al klaar in my se skoene!:silly:

Ek is ook nog hier tot die 31ste...hopelik net halfdag! Het julle groot planne vir Nuwejaars? DH is bietjie lus vir partytjie hou, maar ek het net nie die krag nie.

Ai Cornel, hoop jy lê lekker daar onder die komberse! Min dinge lekkerder..........

Strikkie, ek het net so goeie gevoel oor hierdie een.........los dit vir 'n paar dae en kyk wat gebeur. Siestog, kan dink jou senuwees is al op!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142658 by Hlise
Sjoe - ek het nou eers al die Birth Stories gaan lees. Amazing! Ek sit vandag by die werk en tyd mors. Dis aaklig om so te sit en niks doen nie. Ek probeer my verlof spaar vir later. Mens weet nooit of mens dit gaan nodig kry met Danika oppad nie.

Cornel - Jy mag maar enige dag Danika gebruik. Ek het nie 'n idee waar ek die naam gehoor het nie maar het gesien dit beteken 'Morning Star'. :) Ons hou nou maar eenmaal van Afrikaanse tipe name.
Jy gaan dit nie glo nie, maar die dokter wat my sus gesien het is Chris Venter!! Wys jou net, hy is goed. Hy werk vanaf die Ancron. Jy moet sien hoe pragtig is hul kraamafdeling. Ek wens ons het ook so 'n hospitaal naby ons gehad. My sus was ook daar. Al die kamers lyk soos jou slaapkamer by die huis. Netjies en baie huislik en met 'n deur na buite...

www.lifehealthcare.co.za/hospitals/Displ...ywWJdLHtz0ZV6FVfJg==

Dankie Anika - Ek sukkel vandag met my tickers. Snaaks genoeg was my due date heeltemal uitgestel en gesukkel om dit regtekry. :)

Strikkie! Hoe gaan dit met jou?

Ek kan nie wag om huistoe te gaan nie. Ek gaan my nuwe selfoon kry en dan net relax. DH is nog die week af en was heeldag besig om huistakies te verrig. Leandri kuier die week by een van die oumas en gaan vanaand net voor die tv relax. Met Leandri kon ek lekker rus maar nou kry ek maar min tyd om net te relax.

Julle moet almal 'n vreeslike lekker dag hê. Hopelik kan ons more weer chat. Cherio! B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142653 by Tienka
Ek ook hier tot die 31ste, darem Vrydag net halfdag.

Cornel, geniet die le onder die duvet, ek kan maar net droom :S

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 10 months ago #142649 by Strik*kie
Ekke ook nog tot 31e maar dalk net halfdag!!!
Cornel, geniet die bed, wens ook dit was ek (hoe maak ek 'n groooooot groooeeeeeen maannnnneetjjiiiieeeeee? LOL)

Hlise geluk met die pienkspan, sjoe die tyd het gevlieg.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account