More almal
Sjoe, dis regtig n seening om vir julle in my lewe te he en te weet julle dink aan my.
Wel, die operasie was n sukses in opsigte van die Endo. FS het als verwyder. Was erg soos ek verwag het. Als was aanmekaar vasgegroei. Blaas, Baarmoeder, eierstokke, buise, kolon. Al wat my pla is dat FS se hulle kon glad nie vloeistof deur my buise kry nie! Hy se my buise lyk mooi en hy dink dis net die metode wat hulle gebruik. Maar vir my maak dit sin! Want ek ovuleer maar raak nie swanger nie! So as my buise geblok is, verklaar dit mos dit?
FS het vir my gese ek moet nou eers net herstel en sien hom oor 6 weke. Dan praat ons verder.
So ek is by die huis. Gedra my baie stil want ek is nog seer. Manlief kyk mooi na my.
My beste vriendin se baba is ook gister gebore. Hy is so pragtig!
Jooste, ek kan nie wag vir more nie. Jy gaan seker nie kan slaap vanaand nie! Ek het baie gedink aan jou en jou reaksie teenoor die swangerskap. Ek dink ek sal ook so wees. Dis amper onwerklik! Maar dit is werklik en God is getrou!
Hopeful, jy is so sweet! Ek hou jou ook in my gebede en weet God se tyd is perfek!
Snoekels! Kan jy glo dat die tyd so vinnig gegaan het? Ek is net bly dat jy beter en gesond is.
Zettie, sterkte met die swangerskap.
Strikkie, kom ons hou aan mekaar bemoedig want ons het dit tog so nodig. Dankie vir die omgee en ons 2 gaan ook ons BFP's kry
Gonz, ek glo en vertrou nog steeds vir n wonderwerk. Baie liefde en weet dat daar mense is wat vir jou omgee en bid.
Lynkie, dankie vir jou woorde. Dit gee mens die moed en krag om als in te sit en jou bes te probeer. Ek wil geen regrets he nie! Ek weet nie waar die geld vandaan gaan kom nie, maar ek weet daar sal n manier wees! Ek het my FS afsprake gemaak sonder om te weet hoe ek dit gaan betaal. En toe drop die rentekoers en nou is ons verband laer en die geld is daar! So as ons IUI of moet IVF, sal God voorsien!
Wat n lang post! Ek mis julle dames en waardeer julle.
Ek gaan nou verder le en rus op my nuwe bank in my nuwe voorhuis