More more dames,
Ek kom groet uiteindelik.
Ella, ek kan dink dis nogal ‘n aanpassing in Donker Afrika as jy nou vir ‘n maand gewoond geraak het aan luxury in SA….lol. Bly om jou terug op die net te he. Geniet die reen !!
Del, ja folic acid is baie belangrik, ek het net dit en ‘n swangerskap pil gedrink, kan nou nie die naam onthou nie.
Ouch Karin, hoop die hoofpyn is weg vandag.
Hexy, geniet J se B-Day, kan dink hy is al baie opgewonde en geniet dit om vroeer te loop.
Tienks, baie dankie vir daardie info, die verkeer was dalk nie lekker nie, maar dis baie behulpsaam vir ons !! Kan nie glo Shayne eet al nie, hulle word so vinnig groot.
Karin, jammer weet nie van iemand nie, maar ek weet hier op moomie is daar baie wat dit gebruik. Ek het dit oorweeg, maar ek dink ek sal hou by die weggooi doeke, vir gerieflikheids halwe. As jy wel besluit om dit te gebruik, laat weet asb hoe dit vir jou werk.
Strikkie, amper vra ek jou weer wat is DTDV…..hehehe……ja dankie tog !! Hou maar aan met die BD jong, jy weet nooit FXFXFXFXFXFX
Beertjie, geniet jou scan !! Ek se nogsteeds dis ‘n dogtertjie !!
AFM: My medies was mos gelikwideer die 15de Okt, ek het al op 12 weke geregistreer vir hul baby program en an die likwidasie gedink ek kry nie meer my pakkie nie, wel, dit het gister opgedaag. Dit was nou ‘n lekker verrassing. Ons het ook gister ons dogtertjie se eerste paar shoooshooos gekoop – ek weet dis duur en gaan nie lank hou nie, maar dis vrek cute !! O en toe ml vanoggend my maag vashou voor hy opstaan, soos hy gewoonlik doen, toe gee sy lekker harde skoppies…ml het dit baie geniet.
Julle girls moet ‘n heerlike dag he !!
Tarra vir nou