Hexy, ai jammer oor AF, maar ten minste werk dinge nou weer reg. Dis baie hartseer van daardie vrou en haar kind, kry die man so jammer. My hart breek vir hom en hulle families.
Beertjie, lekker om baba te voel ne, dit laat dinge net meer werklik voel. Nee jong, ek wil nou nie te vinnig praat nie, maar ek drink baie water en vrugte sap en het nog nie siek geword. Ek stem vir die iced tea.
Cornellie, lekker jy gaan amper huis toe. Kan sommer sien jy is lekker opgewonde. O, gits Cornel, hoop jy kom reg met die Nokia ding. Ooh lekker, julle moet lekker partydjie hou. Dankie vir die phodies, dis pragtig daar.
Hi G, lekker om van jou te hoor en dis great dat D so lekker eet en so goed gesond is. Ons almal kry maar ons lui dae, dit sal weer oorgaan.
Nee Strikkie, weet nie van Vit E nie – gedink dis goed vir mens se vel, maar google dit en laat weet ons asb. Ek weet wel blykbaar kan te veel Vit A & C sleg wees vir jou.
Ai Slakkie, jammer oor AF jong, maar moes jy nie nou weer vir dr P gebel het nie, skies man, ek kan dalk deur mekaar wees met die datums. O skies, ek sien jy het klaar gese julle vat nou 'n breuk, dit doen julle dalk goed.
Ella, ek drink baie water en nou en dan vrugte sap, soms grapetiser – maar min, o en baie tee. Maar nou moet ek by se, ek was nog nooit regtig ‘n koeldrank drinker nie. Vrugte sap het eintlik baie suiker in, so drink dit ook nie so baie nie.
Beertjie, ek is gewoonlik verkeerd, maar dis dogtertjie season en ek dink jy en Ansa het dogtertjies.
Nou is ek weer op datum.