file March 2013 Mommies to be...

13 years 5 months ago #237283 by joo~ste
Chmum
Wonderlik oo jou bondeltjie wat so goed groei en ontwikkel. Vier maande!? Kan jy dit glo?? Ek ruil ook maar die doek elke keer as ek voed...behalwe die middernag voeding. Dit skip ek, want dan raak sy te wakker en sit ek met haar te lank en dan kry nie een van ons slaap in voor die 3 am voeding nie.

Widget -
Klink vir my ons voed min of meer dieselfde tyd elke nag!! Sal aan jou dink as ek weer vannag opstaan. Ek sal onthou van die nappy rash resep.

AFM
Gaan effe rof die kant. Ons kleine prinses het toe al die tyd silent reflux en is van gister af op medikasie. Ek hoop dit werk spoedig, want aan slaap was daar nie veel die laaste 2 weke nie. Sy moes regop teen my bors slaap meeste aande en het begin huil die oomblik as ek haar neersit. Sy wou ook net aanhoudend bietjies-bietjies drink..wat my behoorlik 'n koei op stal gemaak het. Sy is al effe beter vandag...maar blykbaar sal ek eers teen Vrydag se kant mooi kan sien of die medikasie mooi werk. Ek hoop tog so. My moed is regtig in my skoene en my emosies is laag met die dat ek so min slaap.

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 5 months ago #237216 by CHmum
[attachment:1]C:\fakepath\SP.JPG[/attachment]
Hi Almal

My premie bondeltjie is Sondag 4maande oud! 2 daarvan by die huis en sy weeg al 3,5kg. Was gister by die Pediater en hy is baie in sy noppies met haar vordering. :)

Widget, jammer om te hoor jy sukkel so met 'nappy rash' al tips wat ek het, is ruil doek voor elke voeding m.a.w. elke 3 ure, gebruik goeie gehalte nappies en gebruik sensitive en frangrance free wipes.

Hoop dit gaan verder goed met almal, lekker naweek. :silly:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 5 months ago #237160 by Widget
Hi almal!

Hoop dit gaan nog goed met almal, dit is harde maar baie belonende werk I'm mamma te wees. Ek het die eerste week bietjie gesukkel met die aanpassing en veral met die pajama drill maar dit gaan al klaar baie beter daarmee. Hy word 12 uur en 3 uur wakker om te voer en gelukkig sukkel hy nie meet met winde en krampe gedurende die aande nie.

Ek het hom gister by die pediater gehad omdat hy n nappy rash het wat net erger geword het ten spyte van al die spesiale rome en probiotics wat ek aangewend het. Die pediater het nspesiale mengsel vir my voorgeskryf om aan te sit en vir my gese ek moet sy boudjies afvee met watte en afgekoelde swart rooibostee en poeier met droe mazena in plaas van baba poeier. Dit werk fantasties en die rash is al klaar baie beter!

Verder het sy hom geweeg ook en hy is klaar 3.7kg! Ons het ten minste 3.1verwag - sy geboorte gewig. En dit is alles net bors melk, ek voel soos n 'super cow!'. :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 5 months ago #236896 by joo~ste
ChMum
dit is sulke wonderlike nuus dat dit goed gaan met jou baba'tjie. Siestog...sy's nog so klein..maar sekerlik 'n REUS invergelyking met waar jy haar vir die eerste keer ontmoet het.

Widget
Baie baie geluk!!! Sterkte met die pajamadril!

AFM
Dit gaan rof en goed en lekker en tuff en sommer alles tergelyk. SOmmige dae is sy soos 'n briesie..drink sy goed, burp sy maklik en raak sy vinnig aan die slaap. Dan is daar dae wat sy sy erge krampies het (se beslis volgende keer NEE vir 'n lemon meringue as jy borsvoed!) :sick: - en dan knies sy tussen haar voedings en loop ek die gang op en sus haar. Dinsdag is sy 3 weke oud en is ek en my man al vir 3 weke ouers. Onbeskryflike ervaring!!

Me:40/DH:39
TTC#1 =3yr2m
TTC#2 =3m
TTC#3 =2yr

Journey started: May 2009 (Gr II Endo)
Total cycles TTC: 64
Clomid/Femara/Inject cycles: 20
IUI: 2
IVF: 1
Lap/Hyst: 4
Miomect: 1
Polipect: 1
D&E: 2
Missed MC: 2
Chem Pg: 4

File Attachment:
File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 5 months ago #236740 by CHmum
Baie geluk Widget met die geboorte van jul seuntjie!

Dit gaan goed die kant, Savanna weeg al 2,92kg! 2kg meer as geboorte. Sy vorder mooi en is my hart se punt.

Lekker week vir almal.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 5 months ago #236714 by Widget
Ons seuntjie is vanoggend 24 Maart om 00:35 gebore via noodkeiser. 3.14kg en 51 cm lank. Sy koppie is 38cm! Verder gaan alles goes en ons is albei gesond.

Hoop dit gaan goed met almal anders!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

13 years 6 months ago #236655 by Widget
Jooste!

Ah wow!! Baie geluk!! :woohoo: Geniet elke oomblik met haar! Dit is wonderlike nuus. Wat is haar naam?

Dit is eintlik fantasties dan dat jy in kraam in gegaan het die dag van die keiser want dan stel dit mens gerus dat hulle 100% reg was om te kom. :)

Jip, nou is dit net ek wat sit en wag....miskien is ek gelukkig dan kom hy die naweek. :P Maar ek hou nie my asem op nie. Sal jou op hoogte hou.

Weereens geluk aan jou en jou man!!!! Dit is so 'n wonderlike seen om ouer te kan wees. :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account