Geluk met al die boepies wat nou begin wys!
Sjoe halfpad Chumm!
Ek smeer ook bio-oil en allerande ander rome. Nes jy sê jooste want ek is seker die rome maak wel 'n verskil, ek het nie 'n enkele rekmerk van my vorige swangerskap nie, en ek hoop dit is dieselfde met die een. Ek het nie geweet dit is geneties ook nie.

Interessant.
Chumm vat miskien sommer 'n bottel bio-oil saam in jou handsak en as dit jeuk dan smeer jy, dit help.
Ek is baie opgewonde om te hoor as julle beweging voel hoe julle dit beleef! Julle moet asb laat weet.
AFM
Ons was gister vir ons 16 (eintlik 17 weke) scan & babatjie groei baie mooi, dit is 'n lekker groot en gesonde seuntjie!

Ja so die keer is ons in die blou span! Ek het regtig gedink dokter gaan vir ons wys dit is weer 'n dogtertjie. Ek het gemenge gevoelens gehad op daardie oomblik, maar nou is ek regtig baie opgewonde! Pappa is net so bly en trots! Dit is natuurlik sy werk daardie.

Ek spot sommer en sê hy gaan vir die eerste drie maande maar net moet pienk baby grows dra.

Maar ek het gister sommer klaar blou kousies en 'n blou newborn baby grow gaan koop....
Ons gaan weg op vakansie nou van more af. Ons is so bly om bietjie 'n blaaskans te kry en weg te kom. Dan is dit nog net 'n kort tydjie to die einde van die jaar!